Geverifieerde Resensie
Arniston
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Arniston bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 243 resensies.
"A lovely place to relax, swim take long walks on the beach, visit the cave and buy fresh fish out of the boat, from the Harbour. Willenes is a cozy little family restaurant on the beach if you don't feel like cooking. "
"Arniston is a must visit!! Still unspoilt natural beauty. Can you believe there a no street lights? And this underlines the peace and tranquility of the area! Beach is awesome, you can walk forever along the beach! I have to return to visit the caves where the Boers of old turned their ox wagon around. Hopefully return soon!!"
"Oujaar/Nuwejaar op Arniston is 'n moet!! Vuurwerk-vertoning was fantasties!"
"Arniston is nou wragtig 'n diamant op die kus van die Wes-Kaap. Ek is baie beïndruk met die vriendelikheid van die mense en netheid van die dorpie self. Jy kan sien die mense is trots op hulle dorp."
"Die feit dat Arniston nie 'n supermark het nie, maak dit nog uniek en glad nie kommersieel nie. Hou dit so!"
"Soek 'n mens avontuur is 'n besoek aan die grot aangewese terwyl 'n staptog deur die bekende Kassiesbaai met sy historiese vissershuisies wonderlike fotografie geleënthede bied sonder dat jy 'n vliegkaartjie na Griekeland hoef te koop. Gaan eet vis en chips by Milenes in Kassiesbaai en koop sommer van die lekker droë rooikrantz hout vir die aand se braai. As die vis nie byt nie en die Suidoos waai, kan wynliefhebbers Arniston gebruik as vertrekpunt om die Jean Daneel kelder buite Napier te besoek om uitstaande witwyne te proe en te koop. Die gees van Bachus sal die dorstiges verder lei na Strandveld, The Berrio en Black Oyster Catcher kelders by Elim wat normaalweg te vêr van die gebaande weë is. Gaan besoek die L'Agulhas ligtoring en leer iets van die strandveld se geskiedenis en koop op pad terug by Struisbaai 'n vars vissie om op die kole te sit. Wie benodig dan 'n Mall?"
"Arniston is a charming seaside village. We have been coming here regularly since 1965. It is a great place to escape to to de-stress. Lovely beaches to walk on, good swimming and very often good surf. It can be most unpleasant when the South Easterly wind blows but with luck it doesn't last!"
"Arniston is pragtige plekkie! Skoon dorpie vriendelike mense (inwoners). Ons sal definitief weer die plekkie besoek."
"Dit is 'n dorpie wat vinnig 'n sagte plekkie in jou hart kry, en 'n plek waar jy weer sal wil gaan kuier. 'n Pragtige omgewing, vriendelike mense, silwerskoon, en die seewater se kleur is asemrowend."
"Grotte se aanwysings behoort opgegradeer te word, want is besonders om te sien. Hotel se etes is ook uitsonderlik."
"Die winkeltjie agter die hotel het omtrent enigiets wat jy nodig sal hê - beste plek om hout te koop."