Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1694 resensies.
"Beaufort-Wes self is nie 'n baie skoon dorp nie. Ek glo wel die omliggende plekke behoort die moeite werd te wees om te besoek."
"We found the town very clean - no rubbish lying in the streets which is difficult to control at this time of year. Also noticed new establishments like "My Karoo" deli. Lovely couple and stunning place. "
"Ons was nie juis lank in Beaufort-Wes nie, maar die omgewing is pragtig. Ry gerus so 10 km op die pad na Loxton uit - die pas is die moeite werd en ons het selfs 'n koedoe of twee gesien! Daar is ook 'n oulike restaurant (4 Sheep) wat almal moet probeer. Hulle ondersteun die skaapboere van die Karoo en gebruik slegs gehaltevleis van die plaaslike verskaffers!"
"Pragtige dorp! Fantastiese eetplek by Karushi - bekostigbaar, wye verskeidenheid (ook vir vegetariërs) en baie smaakvol voorberei."
"Bou 'n verbypad vir die busse, want hulle ry net deur en koop niks weens daar nie nie parkeerplek is nie."
"Vriendelike en hulpvaardige mense. Die Karoo Deli en Restaurant in die hoofstraat is fantasties!"
"Die deli se kos en diens is uitstekend ... plattelandse gasvryheid bestaan nog! Selfs die diens by die vulstasie is met 'n glimlag gelewer!"
"Ons het slegs oorgeslaap op pad na ons vakansiebestemming by die see. Die dorpie is baie netjies en skoon en die geboue skep so 'n "kom kuier weer"-gevoel by 'n mens."
"Nie 'n toeristebestemming nie, behalwe vir die Karoo Nasionale Park waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"The Shed Farmstall en Lucern Lodge is sowat 26 km buite Beaufort-Wes, maar die dorpie self is 'n belewenis."
"It looked quite pretty, but we didn't spend much time there as we were travelling to Cape Town. I'm sure it deserves a better look!"
"Nie genoeg tyd gehad om die dorp te verken nie, maar kon by Chris Barnard Museum 'n draai maak, baie interessant."
"Mooi plek, maar nie baie beïndruk nie. Het seker maar te vinnig daar deur gereis. "
"Indien jy nog nie voorheen op Beaufort-Wes was nie, is dit goed om vir een of twee dae oor te bly en die plek te verken."
"Die dorp is skoon en mense is vriendelik. Nie veel om te doen in die dorp."