Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1694 resensies.
"Ons het bietjie laat daar aangekom, maar dit lyk of daar alles is wat 'n mens nodig het om jouself te geniet."
"Klein dorpie - het nie eintlik met omgewing mense gemeng nie, behalwe vir ete by Spur wat baie aangenaam was nie. Die Karoon Nasionale Park naby die dorp is 'n groot pluspunt vir die dorp - jammer hulle tariewe is bietjie buitensporig."
"Die Sceurfontein padstal 50 km anderkant Beaufort-Wes is 'n moet stop. Ons het ontbyt daar geëet en allerhande hangemaakte artikels besigtig asook heerlike skaapwors, vleis, pasteie en ingelegte goedjies teen baie billike (bekostigbare) pryse aangekoop. Moenie verby ry nie."
"Oor die jare was die dorp bloot 'n oornagplek. Slegs eenkeer het ons die tyd geneem om die besienswaardighede te verken - en dit was baie interessant. "
"Was aangenaam verras toe ons in residensiële area rondgery het, maar het ongelukkig nie meer tyd as net daarvoor gehad nie."
"Beaufort het alles wat mens nodig het, vir 'n langnaweek is dit 'n lekker wegbreek bestemming. Karoo Nasionale Park is 'n groot aanwins vir die dorp."
"Mens kan 'n baie aangename middag in die Karoo Nasionale Park deurbring. Ons het selfs twee leeus gesien. Die uitig van die berg af is baie mooi."
"Other than the nature reserve and farming activities, there appears to be little else. Restaurants, garages and shops are of a low standard. The people are not very friendly and even tend to harass visitors."
"In Beaufort is 'n heerlike tuisnywerheid met allerlei lekkernye. Het heerlike bobotie asook lekker appeltert, custard slice en caramel horinkies gehad. Tessie se tuisnywerheid, het deelgeneem aan Kokkedoor 2014. Kan dit beslis aanbeveel."
"'n Groot gerieflike dorp waar mens alles kan kry wat jy moontlik nodig sou vind."