Geverifieerde Resensie
Bloubergstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bloubergstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1064 resensies.
"Laurika Rauch het beslis nie verniet 'n lied oor hierdie mooi plek geskryf nie - kom beleef dit!"
"Al 'n paar keer daar gewees, hou baie van daai omgewing. Sal graag daar wil gaan aftree."
"Al wat ek kan se is dit is ongelooflik mooi en mens voel veilig, almal stap en draf en ry fiets, as 'n hardloper self geniet ek Blouberg vreeslik baie."
"Ons is mal oor Bloubergstrand, gaan elke jaar daarheen vir vakansie. My favourite plek."
"Wonderlik, lekker sentraal vir as jy naby Kaapstad maar tog ook nie in Kaapstad wil bly nie."
"Bloubergstrand, sal altyd een van die mooiste strandoorde bly ten spyte van die feit dat ons in Kleinmond bly!"
"Bloubergstrand se ligging is ideaal t.o.v. aktiwiteite in en by die see, uitstappies na Kaapstad en net 'n klipgooi vanaf Durbanville se wynroete."