Geverifieerde Resensie
Cederberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cederberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 974 resensies.
"The Grapevine Coffee Shop in Citrusdal hoofstraat het die heel beste kaaskoek - die moeite werd om dit te proe!"
"Die kalmte en rustigheid gee jou weer die geleentheid om tyd te maak vir jouself. Absoluut 'n stimulasie om weer voort te gaan met die lewe."
"We found the museum in the Old Jail very interesting. Loved the feeling that there is a thriving and friendly community in the area."
"The town itself is a typical rural agricultural town surrounded by a beautiful countryside, but it is the surrounding area, not the town that stands out. "
"Pragtige dorpie met baie geskiedenis. Museum en Strassbergers 'n besoek werd."
"Clanwilliam is soos 'n ongeslypte diamant - elke keer kry jy 'n nuwe laag van wonder! Dit was my 5de besoek en weereens kon ek nuwe wonders en nuwe plekkies ervaar. Die omgewing is absoluut pragtig en die dam 'n ervaring! Goeie oornagstop met baie toerisme-ervarings."
"Heelwat om te sien en te beleef, maar blomtyd beperk en vind eers uit of die blomme die moeite werd is en waar om dit te sien. Vir klim en rondry is dit 'n ideale bestemming met gawe mense."
"Pragtige Spar op die dorp met vriendelike personeel en 'n wye verskeidenheid produkte, vars vleis en vars groente. Skoon dorp. "
"Die dorp, veral die hoofstraat en van die systrate, skep 'n indruk van netheid en rustigheid. Daar is baie oulike eet- en verblyfplekke en die eetplek waar ons ontbyt genuttig het, was geleë in 'n pragtige tuin. Clanwilliam is ideaal geleë om die Sederberge te deurkruis."
"Pakhuispas is 'n moet sien, ook die rooibosteewinkel is die moeite werd."
"Ons het al by baie plekke in Clanwilliam oorgebly, ons hou van die dorpie en sy mooi omgewing."
"Ons het baie lekker gekuier in Clanwilliam. Sal beslis weer na die blommeuitstalling gaan kyk."
"So baie besienswaardighede om in Clanwilliam te sien: die tronkmuseum, veldskoen, Rooibos, blommeskou in Kerk in Augustus/September en padstalletjies. Sanet by Inligtingskantoor het ons baie gehelp met meer gedetailleerde inligting en ook akkommodasie."