Geverifieerde Resensie
Dana Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dana Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 165 resensies.
"Rustige plekkie ver genoeg van die massas en naby genoeg om rond te ry en dinge te doen. Mooi skoon strand ook."
"Dit is goed vir mense wat net rustig wil wees maar die strande is nie baie geskik vir ouer, of sieklike mense nie. "
"Die dorpie is nog klein en daar is nog nie veel om te doen daar nie behalwe ontspan."
"Die ekstralang strand is 'n absolute bonus en dan ook die dolfyne en bokkies wat gereelde besoekers is. Ek dink net daar moet meer klem gelê word op die feit dat dit 'n baie steil omgewing is. In baie beskrywings van huise word gemeld dat daar maklike toegang tot die strand is, maar dan is daar ongeveer 100 trappe na die strand. Indien 'n mens fiks en gesond is, is dit nie 'n probleem nie, maar enige persoon (jonk of oud) met knie of rugprobleme gaan sukkel om by die strand uit te kom vanaf meeste huise met privaat toegang tot die strand. Ek dink dit moet ook net genoem word dat dit nie regtig 'n veilige swemstrand is nie."
"Rustig, uit die besige strate van Mosselbaai, tog naby genoeg aan alles. Mooi strand om te gaan stap."
"Ek dink dit sou Danabaai baie kon bevoordeel indien dit 'n veilige swemstrand met lewensredders kon gehad het. Heelwat ekonomiese aktiwiteit word uit Danabaai uit geneem omdat by aangrensende strande geswem moet word."
"Mooi, stil vakansiedorp, alhoewel daar baie permanente inwoners ook is. Lekker groot winkelsentrum by Hersham ongeveer so 10 km vanaf Danabaai."