Geverifieerde Resensie
Dinokeng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dinokeng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 526 resensies.
"Fantasies om die groot 5 so naby die stad te kan beleef. Ons het die olifante so geniet en dit was 'n absolute belewenis om dit so naby te kon belewe en Dinokeng is absoluut 'n moet vir elke besoeker aangesien daar so baie wild is om te sien."
"Ons het 3 van die groot 5 gesien tydens ons 3 dae se ry in die Park. Ons was selfs gelukkig genoeg om die leeus by 'n vangs te sien vreet. Dinokeng sal ons Johannesburgers definitief weer sien. "
"Die rigtingaanwysers is baie goed. Buiten koedoes en rooibokke het ons min ander diere gesien. Die geblaf van honde by omliggende opstalle was steurend in die nag. Dit doen afbreuk aan die wildervaring. Dinokeng is 'n park-in-wording en sal baat by deeglike oorhoofse beplanning van die pad vorentoe. Die draadomheinings van die weermagbasis en talle ander privaat wildkampe doen vreemd aan en voel uit pas met die die res van die reservaat. "
"Dis naby die stad en maklik bereikbaar vanaf Pretoria en Johannesburg. As jy nie kan Kruger Wildtuin toe gaan nie, is hierdie 'n baie goeie alternatief."
"Ek verstaan daar moet 'n geldjie betaal word om in die reservaat te ry, maar as jy in Dinokeng oorbly kan afslag gegee word aangesien mens reeds betaal het vir verblyf. As dagbesoeker dink ek die prys is billik. Oor die algemeen is die reservaat baie groot en ons het baie diere gesien."
"Het al binne Dinokeng gekamp. Jammer dis so duur en nie moontlik om soos in KNP self wild te besigtig nie. Met die streek self het ons geen probleme nie."
"Uitstekende toeriste oord. Baie wild om te besigtig. Baie oorde rondom Dinokeng. Skakel af van alledaagse lewe en geniet die natuur en diere."
"Ons gaan baie vir 'n wegbreek in die Dinokengarea en geniet dit nog elke keer. Ek kan die Dinokengarea hoogs aanbeveel."
"Ons het in die natuurreservaat gery en dit was baie lekker. Het wel min diere gesien a.g.v die weer. "
"Die reservaat is groot genoeg vir jou om baie lank daar binne in rond te ry, alhoewel die kaart opgedateer moet word om nuwe en paaie wat verander het beter aan te dui. Die personeel by die hekke en veldwagters is baie behulpsaam."
"Die hele Dinokeng vandat jy in die reservaat ingaan is iets besonders en om te sien en nog meer al die diere wat reg langs die pad loop wat hulle nie eers aan die mense en karre steur nie, so of hulle vir ons almal wil sê die plek behoort aan hulle. Paaie is goed versorg en dit is veilig in die reservaat. "
"Ons was verras! Die "self drive route" was 'n fees en die kinders het dit ook baie geniet. Die kaart is deeglik en die vriendelike natuurbewaarders gee graag advies t.o.v die beste paaie om te ry. Die kinders was nooit verveeld nie, want daar is heelwat lodges waar hulle kon bene rek en speel."
"Great to see the big five on game drives. We were able to see Lion, Rhino and Buffalo with a scarce Brown Hyena in a two hour drive. Conservation fee only R30 per person for a whole weekend. A wide variety of Lodges to choose.from."
"Mens hoef nie ure te ry om die Kruger Wildtuin te besoek nie. Ek beveel Dinokeng ten sterkte aan vir enige iemand wat wil wegbreek en net weer die natuur te kan waardeer."
"Die personeel by die hekke en Camp Discovery was ongelooflik vriendelik en behulpsaam."