Geverifieerde Resensie
George
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in George bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 1706 resensies.
"Ons het nie deur die dorpie gegaan nie, maar van die bietjie wat ons gesien het sal ons dit definitief weer besoek."
"Dis pragtig, het my asem weggeslaan, kan nie glo ek was nog nooit daar nie! Sal dit vir almal aanbeveel."
"Great town. Has an airport and close to Wilderness, Sedgefield and other coastal spots."
"Heroldsbaai moet Desember vermy word. Ons was daar middel April, weer was heerlik en die strate en strand stil - baie lekker. Genoeg stap-oefening ingekry."
"Dis 'n rustige wegbreekplek om na 'n jaar se harde werk jou energievlakke te kom herlaai!"
"Dit is my nuwe vakansiebestemming. Dis ongelooflike mooi en skoon, en ideaal vir 'n gesinsvakansie."
"Die mall is fantasties. Die winkels en eetplekke soos Wimpy en Spur in die mall is uitstekend."
"Enige toeris behoort Victoriabaai te besoek. Die baai is pragtig, skoon en netjies. Vriendelik mense en die branders is ongelooflik - enige waterliefhebber se droom."
"Een van die skoonste plekke wat ons in 'n lang tyd gesien het en die mense is baie vriendelik. George is sentraal, jy kan vanaf George die mooiste strande en plekke besoek sonder om te ver te ry."
"George kan so veel meer lewer. Museum kort hulp, vervoer vir die toeris wat nie 'n motor huur nie na Vic Baai en Wildernis bv. is 'n moet en waar is die gesellige eenman-bestuurde instansies waar mens 'n ete kan geniet om die plaaslike bevolking te help?"
"Die weer is fantasties en dis so mooi groen! En die berge is pragtig vanaf enige plek in die dorp. Baie restaurant en oulike winkeltjies in die dorp en omgewing. "
"Heroldsbaai is 'n wonderlike plekkie om weg te breek van die stad se geraas."
"Baie mooi en goeie omgewing om 'n wegbreek te maak. Hier kan jy jouself weer vind."
"Pragtig, mooi en 'n netjiese dorp. Die vriendelikheid en mooi Afrikaans maak George 'n uitsonderlike plek!"