Geverifieerde Resensie
Gordon's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gordon's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 423 resensies.
"Net die weer wat nie altyd van die beste is nie, maar baie oulike restaurante en pragtige strande."
"Gordan's Bay is a beautiful part of the Cape with clean beaches and a lovely, small boat harbour."
"Ons het die naweek geniet en die weer was baie lekker. Geen wind!"
"Gordonsbaai is 'n lieflikke dorpie, mense is vriendelik daar. As ons Kaap toe gaan maak ons seker ons draai altyd daar!"
"The unit is even more ideal because it is close to most shops and restaurants. The view from the balcony is exquisite. Beautiful gem."
"Lieflike kusdorpie met 'n rustige atmosfeer waar 'n persoon kan gaan om die rustigheid en utisig daarvan te beleef en waardeer."
"Gordonsbaai is ideale toeristebestemming, naby die wynroetes, die mooiste pad om die kus (Clarence Drive) wat mooier is as Chapmans Peak. Die strand en strate is skoon. Daar is genoeg winkels om daaglikse benodighede te koop en die groot Somerset Mall is nie ver nie. Buite seisoen is dit stil en rustig en dit voel veilig om op die strande te stap. Die uitsig vanaf Gordonsbaai is onvergeetlik mooi. 'n Perfekte vakansiebestemming."
"Kan nie veel meer sê as dat dit regtig heerlik was om bietjie weg te kom nie. Dit is beslis 'n moet-doen indien jy 'n rustige kuiertjie soek. Steeds in die stad, maar met ongelooflike natuurskoon. The Thirsty Oyster wat in die hawe onder die verblyfarea is, is 'n lekker kuierplek met lekker kos, mense en 'n ontspannende atmosfeer en die geskenkwinkeltjie in Beach Road, Aladdin's Cave Gift Shop, oorkant Bikini Beach, het werkilik bekostigbare items wat great is vir saamneem huis toe as geskenkies. Daar is regtig iets van als en kos nie 'n arm en been nie."
"Dis 'n fantastiese ervaring onbeskryflik gewees. Die mensies wat daar bly het so baie om voor dankbaar te wees en is voorwaar baie geseën met alles rondom hulle."
"My persoonlike keuse bo Kaapstad se Altantiese seefront. Baie rustiger met al die geriewe wat 'n mens wil hê. "
"Geniet altyd die rustigheid en die lekker vakansie gevoel in Gordonsbaai. Was egter geskok om te sien hoe vuil en vol gemors die oseaan is. Dit is 'n voordurende en enorme taak om die strand skoon te hou van al die plastiek en gemors wat daar uitspoel. "
"Dit is 'n pragtige baai met die berge wat jou omring as jy met jou voete in die heerlike seewater staan wat nie vriesend is soos Bloubergstrand s'n nie. Daar is heerlike eetplekke. Tallas is tops en dan is daar nog altyd meeste jongmense en kinders se gunsteling die Spur en dit nogal op die strand!"