Geverifieerde Resensie
Hartenbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hartenbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 825 resensies.
"Dit was baie rustig tydens ons verblyf. Die waterwurm wat verwyder word was 'n telleurstelling, maar ek hoor daar is baie nuwe planne so ek hoop om aangenaam verras te word. Die warmbad was beslis een van ons hoogtepunte!"
"Hartenbos is vakansie-vriendelik en die moeite wat gedoen word om dit mooi te maak is opvallend. Dit is prakties en maklik vir besoekers om die mooiheid van die strand en omgewing te geniet."
"Wag angstig vir die nuwe verwikkelinge wat beplan word vir die ATKV om te sien watter impak dit op ons strand en kuier plek sal hê."
"Die vis is maar skaars in die see; verskillende soorte aas en die verdubbeling van kerkgeld help nie."
"Hartenbos is 'n pragtige dorp, baie gewild veral onder die jongmense. Jy word nie lasting geval die bedelaars nie en die strate is skoon. Daar is net genoeg winkels, enige meer en dis nie meer die gesellige vakansiedorpie wat ons leer ken het nie. Mosselbaai is naby genoeg indien jy opsoek is na 'n mall."
"Ek persoonlik LOVE Hartenbos en sal enige tyd daar gaan vakansie hou! Een van die beste plekke, beslis!"
"Ek is verlief op Hartenbos. Die pretparkeienaar kan dit oorweeg om die musiek effens sagter te maak. 'n Mens moet darem nog met mekaar kan praat wanneer jy daar verby gaan of van die park gebruik maak. Ek hou van die beskikbaarheid van fasiliteite terwyl die vakansiestemming steeds behoue gebly het. Die wandelpaaie al teen die strand langs maak dit toeganklik. Hartenbos is skoon en vriendelik. Daarby kan ek tien uit tien gee vir die ATKV swembad. Vir gesinspret en veral vir kampeerders is Hartenbos beslis die vakansie om te ervaar. "
"Hartenbos is beslis 'n goeie vakansie plek en is so rustig en sentraal geleë vanaf baie ander dorpe."
"Hartenbos sien my definitief weer, mits ek by Me Time, kan plek kry. Fantastiese plek - sentraal geleë sodat jy in 'n radius van ongeveer 60km menig bekende toeriste aantreklikhede kan besoek."
"Dis 'n pragtige plek. Het verlief geraak op Hartenbos vir verskeie redes, maar baie goeie indruk gekry met die inry in Hartenbos in. Sal definitief Hartenbos weer en weer wil besoek."