Geverifieerde Resensie
Hermanus
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hermanus bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 1223 resensies.
"Dit is net die mooiste plek in die Kaap. Daar is net iets besonders aan Hermanus. Ocean Basket se porsies vis is ook baie klein, en die stirfry veg kom uit 'n gevriesde pakkie uit. Verder is Hermanus een van my gunsteling toerismebestemmings - sou langer daar wou bly maar is 'n bietjie bo wat ons kan bekostig, "
"Hermanus is die beste vakansiebestemming vir ons as gesin...hou al laaste 7 jaar net in Hermanus vakansie."
"Hermanus is 'n ideale naweekweg / vakansiedorpie en ek het die mark baie geniet, veral die omie op sy klawerbord met sy rustige stem."
"Ek ken Hermanus en dit is altyd een van die beste plekke om te kuier en te besoek."
"Perfect setting, enjoyed the walk along the beach and the friendly people."
"Ek is besonder beïndruk met Hermanus, dit is netjies en skoon met vriendelike mense. Die wonderlikste is dat die see toegangklik is vir die gewone toeris om dit ook te kan geniet en nie soos ander stede waar die strande toegebou is en net beskikbaar is vir die enkele bevoorregte mense wat huise daar kan bekostig nie. "
"Strand gebied nie baie groot nie, maar ons was buite seisoen daar en dit was heerlik. Genoeg verskeidenheid winkels naby wat alles aanhou. As jy 'n rustiger omgewing as Hermanus soek, is dit die plek om te wees."
"Pragtige toeriste bestemming. Veilig en rustig. Naby genoeg om Hermanus en omgewing te verken. "
"Ons is vir baie jare vertroud met Hermanus, dit het lekker koffiewinkels en eetplekke en gedurende wintermaande is dit heerlik stil. "
"Nice place with some magical views and a place to look if you want to buy a property."
"Rustige dorpie, lekker stapstrate en strand. Ideaal vir mense wat stilte soek."
"Vir my een van die mooiste en lekkerste-dinge-om-te-doen-dorpe in die Wes-Kaap, genoeg restaurantjies en allerlei winkeltjies om 'n mens besig te hou. En natuurlik die rowwe kuslyn en weggesteekte strandjies."