Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 778 resensies.
"Surfers paradise with all the feels of a long remembered childhood holiday. "
"Jeffreysbaai is die lekkerste vakansieplek. Ons geniet dit altyd vreeslik baie. Baie om te doen en baie lekker eetplekke om van te kies. Die strande is pragtig."
"Ongelukkig volgens my het Jeffreysbaai baie agteruit gegaan, bygesê ek was meer as 20 jaar laas in Jeffreys. Paradysstrand is wat my betref die aangewese plek om oor te bly."
"Die dorp is net groot genoeg. Nie te klein dat jy nie iets sal vind tydens jou kuier nie. Daar is baie plekkies te besoek indien jy sou wou."
"Die area was nogal vuil met rommel wat nie gereeld opgetel word nie. Die strand en omgewing word deur honde gebruik, maar eienaars tel nie ontlastings op nie. Dit en die feit dat die strande vuil is en stukkende glasbottels oral lê, maak dit onaangenaam en gevaarlik om op die strande te loop. Besighede het ook nie by tye gehou soos geadverteer op die web nie en ons het verskeie plekke gekry wat of nie meer bestaan nie of nie oop was soos geadverteer nie."
"Fabulous walking along a beautiful, clean beach. What an unexpected bonus. So nice not to have glass on the beach. Keep up your good efforts."
"First time in Jeffreys Bay, and it stole a piece of my heart. Will definitely be back ASAP."