Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1352 resensies.
"'n Lekker vakansiedorp met puik restaurante en klomp unieke winkels en wonderlike strande."
"Jeffreysbaai is wonderlik ... lieflike swemstrand en ideaal vir lang stappe op die strand. "
"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
20 Houtbosch Bay"Baie lekker area om in te bly! 'n Bietjie weg van die gedruis van vakansiegangers. Mooi uitsigte!"
"Fantastic surroundings and in close proximity to shops and outdoors activities."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
20 Houtbosch Bay"Rustig en naby baie besienswaardighede en dinge om te doen en wat ook daguitstappies kan wees as jy daarvan hou om bietjie verder as Jeffereysbaai te ry en plekke te besoek. "
"Wavecrest is gerieflik geleë, dit het baie veilig voorgekom, dit is naby strand. Ons was meer vir besigheid in Jeffreysbaai, maar ek glo dat dit 'n baie lekker vakansiebestemming is - naby alles."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
17 Claptons"Is 'n pragtige rustige plek. Net jammer dat gaste nie self deur hekkie na see kan gaan nie. Jy moet bel dat iemand vir jou kom oopsluit. "
"Ons kom heeltemal te veel daar, ha ha! Kry nie kans om ander plekke te sien nie. Geniet Jeffreys vreeslik baie. Was nou twee keer binne 6 maande daar."
"Wavecrest is a very safe and quiet neighbourhood with the most friendliest of neighbours as well."
"Winderig en koud, maar as dit nou nie pla nie dan is jy by 'n goeie plek! Die restaurante daar is uitstekend!"
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Milkwood 218"Dis nie in Jeffreysbaai nie en jy moet deur 'n informele nedersetting soontoe ry."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
The Ark 2 bedroom flats @ the Marina Martinique"Probeer dit gerus!"
"Ons gaan elke jaar terug Jeffreysbaai toe, die beste strande, en mense is alom vriendelik. Alreeds so ver uitgebrei oor die jare, maar die dorp het steeds 'n "klein dorpie" gevoel."
"Die plaaslike munisipaliteit moet ekstra moeite doen om gate in paaie te herstel en sekere gedeeltes oor te teer en ook die sypaadjies netjies maak, veral gedurende seisoentye. Maar Jeffreysbaai het 'n rustige atmosfeer en het 'n baie lekker swemstrand. Ook is daar Spar, 2 Checkers en PnP en baie ander groot kettingwinkels sonder om soos 'n stad te raak. Ons sal vir seker weer Jbaai toe kom omdat dit sedert 1969 my hoofvakansieplek is."