Geverifieerde Resensie
Cape Peninsula
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Peninsula bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 552 resensies.
"Rustig met heerlike snuffel- en eetplekkies. Ook baie naby die ander interessante kusplekkies soos Kalkbaai, Muzenberg, ens."
Scarborough, Kaapse Skiereiland
Mountain Rise"Gaan na Kaappunt as jy nog nooit daar was nie. Ry rond of stap rond of ry met jou fiets. Die omgewing is beeldskoon."
"Glencairn is fabulous. Ons het bietjie gaan stap, heerlike restaurant en winkeltjies. Baie veilig."
Marina Da Gama, Kaapse Skiereiland
Waterways"Dit is definitief een van die mooi plekke in Kaapstad."
"Behalwe die fantastiese strand is daar heelwat om te doen in en om Kommetjie. Ek beveel Kommetjie se pizzas en Scarborough se Hub Cafe aan."
"Kommetjie is stil maar daar is genoeg om te sien en te doen. Dit is naby goeie restaurante en winkels. Dit is ook nie ver van Kaapstad self af nie, baie besienswaardighede in omgewing. "
"Rustige area alhoewel 'n entjie uit Kaapstad en ander omliggende dorpies. Sal weer hier oorbly."
Muizenberg, Kaapse Skiereiland
A Heavenly View"Love die dorp, die see koud maar lekker geswem. Die restaurante se kos is ongelooflik lekker en bekostigbaar."
Muizenberg, Kaapse Skiereiland
Ocean Vista Muizenberg"Pragtige dorpie met surfers paradise gevoel. Alles naby geleë en lekker familie-aktiwiteite. "
"Kommetjie is baie sentraal en naby aan wonderlike besienswaardighede in hele omgewing. Die uitsig is pragtig en die omgewing bied maklike toegang tot winkelsentrums, restaurante en motorhawens. "
"Kalkbaai is 'n pragtige plek en ons het die drie dae daar geniet! Great atmosfeer en gasvryheid."
Marina Da Gama, Kaapse Skiereiland
Water's Edge Living"Goeie veiligheid en absoluut 'n plek om bietjie weg te kom van die stadslewe."
"Gerieflike alternatiewe verblyf indien jy nie in Simonstad verblyf kry nie. "
"Kalkbaai is die Kaap se Dullstroom. Hordes klein winkels en dié lekkerste restaurante. Super veilige plek om in aande ook rond te loop. Ons bly nooit meer op 'n ander plek as in Kalkbaai nie."