Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Baie gerieflike oornagplek halfpad tussen die Rand en Kaapstad. Ek dink die rivier maak dat Hopetown 'n aangename klimaat het."
"A great place to visit - the experience of the vast Karoo with a blend of spectacular mountains as a back drop .... and Open Art Sudios a great initiative"
"Dam is regtig 'n plek om te besoek, daar is egter nie iets anders nie en die restaurant was ondergemiddeld."
"Was 'n voorreg om die dam te sien oorloop en die rivier so vol en bruisend. "
"Oulike bestemming, maar sal nie meer as 'n paar daggies hier deurbring nie. Dit is wel die moeite werd om te besoek. Oulike, weggesteekte dorpie."
"Die dorpie is 'n goeie plek om oor te stop en die polisie was baie sigbaar. Die dorpie het baie potensiaal en die restaurant Ka'roux was 'n aangename verrassing met heerlike kos."
"Ons hou van die Gariepdam en die atmosfeer daar in en om die dorpie. Ek en my man sal met graagte twee weke daar kan kom sit en vir die dam kyk of visvang. Ek is nie seker of daar baie is vir jong mense om te doen nie maar vir ons is dit rustig en mooi."
"Die dorp Hanover is nie vir toeriste bedoel nie, maar die distrik is die ideale rusplek op die pad tussen Gauteng en Wes-Kaap."
"Wat 'n cute dorpie, vriendelike mense, plat op die aarde. Oulike winkeltjies en lekker kos!"
"Mooi plek om te sien. Sal 'n naweek daar kan spandeer en genoeg hê om te doen."
"Dit is n ongelooflike klein dorpie, definitief 'n gem om te besoek, maar stel nie voor om meer as 2 aande daar te slaap nie. Daar is nie baie om in Loxton self te doen nie, behalwe as jy soek om niks te doen nie, dan is dit dalk die perfekte plek vir jou!"