Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11903 reviews.
"'n Interessante dorp met goed-toegeruste museum en ander besienswaardighede asook goeie restaurant en winkeltjies wat toeriste lok."
"Daar is heelwat blyplek en natuurlik die Gariep Forever Resort. Daar is ook 'n pragtige hotel wat uitkyk oor die dam met baie bekostigbare ontbyt. "
"Saterdagoggend plaasmark vir vars produkte, kan bemark word vir toeriste, in die hitte kon ek nie 'n roomys of tuisgemaakte gemmerbier kry nie, mense baie gaaf en vriendelik, plekke kan beter doen met spyskaart wat buite is."
"Gariepdam is 'n pragtige plekkie met genoeg te doen vir enige watersportliefhebber. 'n Rit oor die damwal is natuurlik 'n moet-doen. Die area rondom die dam met uitsigpunte is goed versorg en geriewe netjies. Ons het aandete by "Tjailatyd" geniet en hulle hoef geensins terug te staan vir 'n stadsrestaurant nie. Besoek gerus hierdie oulike dorpie. "
"Besoek gerus hierdie dorpie en spandeer genoeg tyd daar om alles waar te neem."
"Die perkfekte oornag dorp. Dorp was mooi skoon en mense vreeslik vriendlik. As jy hou van rustig wees en die natuur bewonder sal mens maklik vir 'n week hier kan vertoef!"
"Prins Albert is 'n pragtige dorpie en almal behoort dit te besoek. Ek sal weer gaan maar seker maak dit is oor 'n naweek wanneer daar 'n goeie produksie by die pragtige teater is."
"Absoluut die moeite werd om te besoek. Heerlike restaurante, wynplase, olyfplase ... 'n juweeltjie in die Groot Karoo!"
"Die toeriste bedryf moet sterk steun op die infrastruktuur van die dorp."
"Dis 'n absolute wonderlike plattelandse dorpie en beslis net die regte medisyne vir 'n uitgeputte stadsiel. Ek gaan beslis in die toekoms ten miste een keer per jaar in Prins Albert gaan uitspan. "
"Baie vriendelike mense ontmoet wat graag gehelp het waar nodig was. Heerlike kos ook gekoop."
"Die Plek van Verlatenis is 'n absolute moet, dit het die ver ry die moeite werd gemaak, absoluut asemrowend."
"Ons het vreeslik lekker gekuier in die mooi dorpie, mooie winkels en 'n baie oulike bush pub wat in 'n baie mooi omgewing geleë is op 'n plaas met net sulke vriendelike eienaars."
"Carnarvon is 'n goeie keuse vir oorslaap. Dis 'n stil dorp en het n groot Spar as mens iets nodig het."