Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"'n Pragtige dorpie met interessante huisies en strate wat jou lei na verrassings. The Gallery se kos is puik! Victoria Room se kos was ook baie lekker. Die Showroom was iets besonders om te beleef op so klein dorpie. Vanaf die dam is die uitsig werklik besonders. Ons sal beslis mense aanraai om nie Prins Albert te mis nie!"
"Daardie gesegde "dinamiet kom in klein pakkies voor" is verseker op hierdie dorpie van toepassing! Van die hoofstraat tot anderkant die Swartbergpas kry mens 'n ervaring om elke hoek en draai! Hoogtepunte vir ons was definitief Simple Saffron en The Showroom - albei 'n moet! Dankie Prins Albert dat jy ons soos "royalty" hanteer het! "
"Koop wat jy nodig het voor jy daar aankom of maak seker jy kan kry wat jy wil koop. Beperkte winkels beskikbaar."
"Pragtige dorpie! Vermy die Swartbergpas - dis 'n nou grondpadpaadjie oor die berg! Tensy jy senuwees van staal het! Baie mooi uitsig van daarbo af!"
"Ons het net oornag en het nie kans gehad om rond te loop nie. Die idee wat ons gekry het is dat dit 'n lekker kuierplek kan wees. Die Saterdag Mark was 'n wenner."
"Goeie bestemming om paar dae oor te bly. Definitief uitstekende plek om oor te slaap op pad terug van Gauteng af."
"De Rust se gasvryheid is alom bekend. Stop, staan oor, beleef, loop van die een interessante plek na die volgende en jy sal die kultuur van De Rust saam met jou neem. Dankie De Rust en die inwoners vir julle vriendelikheid en gasvryheid."
"Historical town with some incredible architecture. Did not have as much time to explore as we would have liked, but we were lucky enough to enjoy a splendid meal at Coldstream Restaurant (do make a booking) and got to spend some time at the Valley of Desolation."
"Ons is motorfietsryers en Prince Albert is 'n ideale basis om die omgewing te verken."
"Ons het 'n draai deur die Karoo Nasionale Park gery. Dit het ons 3 ure 50 min altesaam geneem van in by die hek tot weer uit by die hek. Pragtige koedoes, elande, gemsbokke en rooihartebeeste gesien. Was die moeite werd."
"Dis 'n mooi, skoon dorp en die personeel by die vulstasie was vriendelik en behulpsaam. Dankie, julle laat ons sommer tuis voel."