Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Baie warm in die somer - sorg dat jy in 'n plek bly wat lugversorging het en neem muskietafweermiddel saam aangesien Prieska teen water geleë is. Baie interessanthede om te besigtig."
"Ek is mal oor Loxton. Sal beslis weer gaan kuier. Die rustigheid en die natuur is ongelooflik."
"Mense kan gerus daar stop om bene te rek en so bietjie van die mense daar leer ken, omdat dit so tussen êrens en nêrens geleë is maak dit 'n baie interresante plek. "
"Beaufort West is an ideal stop over for travellers not wanting to drive more than 6 hours per day."
"Beautiful, peaceful place to stay, enjoying wine and olive estates, art galleries, restaurants."
"Baie geskiedkundig en talle plekke wat besoek kan word. 'n Besoek van ten minste 'n vol dag word aanbeveel. 'n Besoek aan die Vallei van Verlatenheid is 'n moet, kennis moet net geneem word dat 'n toegangsfooi by die ingang betaalbaar is synde toegang tot die Kamdeboo Nasionale Park."
"Gaan gerus op die donkiekar rit in Beaufort-Wes. Die gids was wonderlik en het so baie van die dorp en sy geskiedenis met ons gedeel. Die Village Museum was beslis die moeite werd om te besoek. Gaan besoek die pastorie en ou kerk waar Prof Chris Barnard grootgeword het en sy pa Adam Barnard die pastoor was."
"Rustige en heerlike verby! Vir enige iemand wat wil wegbreek en ontspan van hul besige lewe."
"National Park and especially Valley of Desolation is worth a visit. Also the ACVV Workplace, where you can buy items manufactured by the disabled. "
"Pragtige dorp met die baie mooie Gariepdam net so 20 minute weg. Sal graag meer tyd daar wou spandeer."
"Hierdie dorpie is vol stories, mooi dinge en 'n saligheid wat bekoor. Dit moet definitief deel van jou roete wees!"
"Pragtige dorpie met baie historiese en gerestoureerde geboutjies. Het as 'n klein seuntjie laas erwe so groot soos plotte gesien met 'n dam, leivore en 'n eie groente- en vrugtetuin."