Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.
"Nie baie rondbeweeg nie, maar personeel by die Caltex garage asook by Spur baie vriendelik en behulpsaam."
"Die Biltong Deli se Karoo lamtjoppies se pryse is baie billik. Droëwors ook baie lekker."
"Besige hoofstraat met baie groot vragmotor-verkeer, maar die omgewing is spesiaal en die Karoo Nasionale Park 'n absolute wenner."
"Ons het die teerpad gevat, net die laaste entjie was bietjie sleg, baie klipperige pad en bygesê het ons in die reën daar aangekom. Ons het rondgeloop na die verskillende eetplekke, kuns en fossiele ook gaan kyk. Al die mense is baie vriendelik en verwelkomend en staan nie terug om vir jou meer van hul dorp te wys nie. Ons het dit as halfpad oorslaap gebruik oppad see toe, maar sal graag weer wil kom vir naweek wegbreek. Hoogsaanbeveel! "
"I loved Graaff Reinet and will be planning a four day stay in the near future. Well run and friendly."
"Het een keer probleme met ons voertuig gehad en hulle was baie behulpsaam gewees om ons te help. Die Hotel is 'n goeie plek om ook te oornag, wat heerlike kos bedien."
"Die Uilhuis was definitief 'n hoogtepunt! Ons het vreeslik lekker gekuier en geëet op die Karoo Lam se stoep. Vreeslike vriendelike mense, ons wil definitief teruggaan. "
"Meer reisigers kan gerus van Britstown 'n oornagplek maak - dit behoort die dorp as toeristebestemming te bevorder."
"'n Lekker gevoel om in die dorpie te wees. Lekker om te weet Chris Barnard kom van daar af. Van Beaufort-Wes af voel dit asof jy nou regtig in die Kaap is. "
"Die wye oopte van die veld en lugruim maak 'n stadsmens rustig al is die paaie lank en reguit met lang afstande tussen die dorpe."