Geverifieerde Resensie
Kimberley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kimberley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 791 resensies.
"Die strate is in ’n baie swak toestand met erge slaggate. Vullisverwydering vind nie plaas nie."
"Sekerlik een van die plattelandse stede met die rykste geskiendenis in die land! As jy nog nie hier was nie, maak ’n plan!"
"Kimberley is warm en bietjie vervelig. Maar daar is 'n Burger King en McDonalds so dit kwalifiseer seker as 'n stad. Daar is ook 'n groot gat, so mens kan daarna gaan kyk. "
"People are friendly, town is clean and neat and the attraction above all is The Big Hole."
"Die Groot Gat is die moeite werd om een keer te besoek. Mokala Park net buite Kimberley is ook die moeite werd vir 'n dag of twee."
"I was shocked at the state Kimberley was in, litter everywhere we drove. The Big Hole was worth going there."
"It is hot in the middle of December. The Magersfontein museum was excellent and well worth the visit. The rock painting centre was closed with no warning and their number just rang."
"Die dorp het baie goed gedoen om hulle museums en besienwaardighede goed ten toon te stel."
"Het net oornag, so kan nie werklik 'n oorwoë mening lug nie, maar sekere dele se strate was met rommel bestrooi toe ons vroegoggend verttek het."
"Middestad raak al hoe meer vervalle. 'n Groot jammerte vir 'n plek met so 'n ryk geskiedenis. Die woonbuurte is heel aangenaam."
"Dis 'n belangrike stad met baie besienswaardighede oor Suid-Afrika se geskidenis tydens die Boere-oorlog en die diamant-tydperk. So as jy van die Suid-Afrikaanse geskiedenis hou, is daar beslis baie vir jou om in en om Kimberley te sien."
"’n Besoek aan Kimberley se gat word aanbeveel. Kimberley is vol interessante gedenktekens oor o.a. die Boere-oorloë."
"Hulle kan gerus bietjie opskerp met hul toeriste deel. As mens die Groot Gat besoek is daar niemand wat jou meer vertel oor die geskiedenis nie. Daar is wel 'n kort video maar verder is al die goedjies wat vroeër jare beskikbaar was om te sien of toegesluit in hul arkade of jy moet ekstra betaal om dit te sien. Die McGregor Museum is iets om te sien, maar dit sou lekker wees om 'n toergids te hê wat jou meer kan vertel as om doelloos rond te dwaal in die groot huis. Die gletservloer net buite Kimberley het ook baie aandag nodig, hulle kan gerus bietjie die bossies onder beheer kry en skoonmaak en die pad skraap tot by die gletservloer. Daar waar historiese gebeure is wil almal gewoonlik besoek om meer uit te vind wat gebeur het, maar as alles kunsmatig voel of daar geen inligting gegee word nie, dan stel niemand meer belang nie."
"Sedert ons drie jaar gelede by familie oornag het, het die netheid in die dorp merkbaar agteruit gegaan. Gemors lê op oop ruimtes en openbare opelug besienswaardighede is nie meer besienswaardig nie."