Geverifieerde Resensie
Kimberley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kimberley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 791 resensies.
"Die groot gat as jy hom nog nie gesien het nie met baie besienswaardighede al daar, Magersfontein buite Kimberley van die dinge om te doen "
"Die munisipaliteit kan meer doen omtrent die straat name. Ons wou op 'n historic walk gegaan het en het verdwaal omdat die strate nie duidelik gemerk is nie. Die middestad van Kimberley is baie vuil - glad nie the city that sparkles nie. Straatligte in een van die hoofpaaie het nie gewerk nie en ek moes in die donker een aand na die hospitaal soek. Daar is ook onnodig te veel slaggate in die paaie."
"Great tourist destination. The “museum town” at the big hole is impressive and makes it fun to imagine living in those bygone days! "
"Om R90 pp te betaal net om die Kimberley se gat te sien is belaglik. As jy meer betaal dan doen jy die toer, maar ongelukkig het hul net 1 toer die 17de Des aangebied en ons was te laat vir dit."
"Vir reisigers van Gauteng na die Kaap en terug, kan ek die N12 ten sterskte aanbeveel - dis baie rustiger as die N1 en die omgewing is baie mooi. En Kimberley het 'n Roco Mamas!"
"Rigtingborde is heelwat onvoldoende, vir vreemde persoon wat vir eerste keer deur Kimberley ry is dit 'n gesoek wat senutergend is om rigtingborde veral deur die middestad te vind!"
"Die strate se beligting redelik ondoeltreffend. Sonder GPS verdwaal jy maklik, want die straatname is nie duidelik sigbaar nie. "
"Die spasie bokant die dubbelbed was baie min, met die enkelbed aan die bokant. Die TV kan ook geskuif word om dit meer sigbaar te maak."
"Baie dankie vir die gemoedsrus en wonderlike diens! Die restaurant is 'n groot pluspunt vir die lodge. Ons waardeer die persoonlike en vriendelike gesindheid en sal aan almal aanbeveel om hier te bly of oornag!"
"Soos ek genoem het is die plek nog splinter nuut. Die hekmotor was nog nie elektries gekoppel nie, en moet per hand oopgemaak word, maar ek is seker, voor my volgende besoek, later in die jaar, sal dit ook reg wees."
"Kimberley is baie verwaarloos en dis jammer dat die plaaslike regering nie hulle deel doen nie."
"Kimberley het 'n besonderse geskiedenis a.g.v. die diamant-era. Dit is die moeite werd om te besoek!"
"Kimberley is nie juis 'n toeristebestemming nie, maar die uitstappie na die Groot Gat is iets om te doen as mens in die omgewing is. Ons en die kinders het dit baie geniet."
"Kimberley bly maar 'n myndorp. Die strate is stukkend en vuil en as dit nie was vir die geskiedkundigheid daarvan nie, sou ek dit vermy het. 'n Plek soos Diggies Lodge maak dit egter totaal die moeite werd! "