Geverifieerde Resensie
Kimberley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kimberley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 791 resensies.
"Enjoyed our stay. Unfortunately, wanted to walk on an advertised tour through the old city. We very advised and told not to walk around the area because elderly people were being attacked. Worth while seeing the big hole."
"Die Groot Gat is 'n moet! As jy hoegenaamd naby Kimberley verbyry of oorslaap, doen die moeite. "
"Die Groot gat en die William Humpfrey galery was uitstekend! Ons het dit ongelooflik baie geniet."
"Die idee is net vir oorslaap.'n Punt vanwaar 'n mens uitgaan na ander besienswaardighede. Daar is verder nie iets te doen by Lindene nie."
"Sou baie graag langer wou bly om al die museums te sien, was darem by Magersfontein baie mooi gewees."
"Ons het 'n wondelike uitstappie na die Groot Gat gehad. Baie om te sien. Sal volgende keer langer moet bly om die museums en ander besienswaardighede te besoek."
"Die dorp was ongelooflik besig en ons moes lang tye by robotte wag. Die strate is vuil en ek het gedurig onveilig gevoel. Kimberley se groot gat en dorpie was indrukwekkend, maar die dorp het my nie beïndruk nie"
"Maak seker dat julle die Kimberley se gat besoek. Doen die toer en gaan by die mynskag af."
"Ek is self in die toerismebedryf in Pretoria. Voortrekkermonument ontvang die tweede meeste besoekers landwyd as erfenisterrein naas Robbeneiland. Kimberley is 'n onontdekte toerismejuweel. Julle het 'n aanbod en variasie van ikoniese verskeidenheid wat die ideale pakket vir toeriste sal waarborg: Rotskuns, Die Gat self met sy uitstallings, Die Suid-Afrikaanse weergawe van Victoriaans, Magersfontein (en die blokhuis) asook museums met uitstallings en navorsing van hoogstaande gehalte (wat beter lyk as Gauteng se museums!). Ek is seker daarvan julle toergidse kan opgelei word om al bogenoemde onderwerpe met kennis en diepte te dek. Voeg net Suid-Afrikaanse kos en n plaaslike vertoning (tradisionele rieldans of Tswana dalk?) en voeg als in 'n pakket. As ek die Lotto wen, kom tree ek af in Kimberley en sit op n groot stoep en drink limonade of gemmerbier!"
"Kimberley has many happy memories for us. If one has not been to Kimberley, one has missed out on a great portion of South African history."
"Lovely parks and well-maintained tourist sights in the area. Very quiet and peaceful and the area feels very safe to be able to walk around in the evenings."
"El Toreo Park lyk na 'n relatief nuwe uitbreiding, baie lekker geleë naby die Gariep hospitaal sonder dat mens deur die dorp moet ry as jy daar by 'n dokter of die hospitaal moet wees. "