Geverifieerde Resensie
Kimberley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kimberley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 791 resensies.
"Die Gat is interressant om te besoek. Die area rondom die Gat kort skoonmaak deur die munisipaliteit. Magersfontein is ook interressant om te besoek."
"Ons het dit geniet om terug te gaan na 'n era waar diamante ongelooflike rykdom gebring het."
"Ideaal en sentraal om verskeie museums in Kimberley te besigtig. Die woongebied is ook naby Kimberley se gat en daar is ook 'n paar groot winkelsentrums naby. "
"Netjies buurt en eiendomme is goes versorg. Voel gemaklik om daar te reis en geensins indruk gekry dat die buurt onveilig kan wees nie."
"Great value for your money. Should really give it a try. You won't be disappointed."
"It was my first time in Kimberly and I loved everything about it. People are so sweet and friendly. I felt at home and at peace. "
"Die skoon strate het ons heel eerste opgeval, daarna die skoon en netjiese parke met gras wat gesny is en vriendelike behulpsame mense oral. "
"Groot Gat is iets om te besoek. Geskiedenis is goed bewaar en sekuriteit is goed."
"Ons het gevoel, dat dit baie duur is om die Big Hole te besoek. Ons voel hul moet SA-toeriste 'n goedkoper tarief vra soos vele ander plekke doen."
"Indien jy spesifiek belangstel in die geskiedenis van diamante en miskien die slag van Magersfontein, besoek dan die plek, andersins, ry verby."
"Soos meeste dorpe het Kimberley bietjie agteruitgegaan en toerisme miskien nie so hoog op die lys van hulle prioriteite nie. "
"Kimberley itself need to jack up - the signage is terrible and the town looks run down. The Big Hole is well done but not easy to find, particularly the parking. The exhibit itself is well done but could give so much more."
"Die toerismebedryf het goeie groei en daar is beslis 'n wye verskeidenheid plekke wat almal se keuses kan akkommodeer."
"Sou graag wou sien dat padnaamborde en aanwysings aandag kry. Baie eenrigtings maak 'n mens deurmekaar. Ons het die Groot Gat besoek en dit was "awesome" om die geskiedenis daarvan te leer."
"Vir die paar jare wat ons gereeld Kimberley besoek het, het ons dit geniet. Die mense is vriendelik. "
"Die Kimberley Gat was 'n groot belewenis. Net jammer die middestad is so verskriklik vuil. 'n Mens ry outomaties daardeur as jy na die Gat toe wil gaan. "
"Die Groot Gat en die geskiedenis daarvan is merkwaardig, asook dié van die Boereoorlog ens. "