Geverifieerde Resensie
Kimberley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kimberley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 791 resensies.
"Alhoewel die kinders dalk die geskiedenis van die groot gat en die museum vervelig vind, was dit vir my wonderlik en wens ek kon langer tyd daar deurbring. Ongelukkig was van die ander toeriste plekkies toe en kon nie gaan kyk nie. Kimberley is so bietjie verwaarloos maar nog steeds 'n stop wat mens iewers moet inpas."
"Dis so mooi en skoon plekkie om te rus na 'n dag moeg op die pad en die mense is so vriendelik."
"Baie vuil en moeilik om te navigeer en ook nie baie veilig nie. Het ons verblyf by Stablewood baie geniet maar het niks van Kimberley gehou nie."
"Dis 'n mooi, ou omgewing met maklike toegang tot die middestad en Kimberley se groot winkelsentrums."
"Pity the ground of the Kimberley Hole is neglected. Nice tourist attraction But not clean."
"Kimberley se gat was 'n groot verrassing - baie lekker! Die moeite werd om te besoek. Die dorp self is egter vuil - baie teleurstellend."
"Kimberley het my baie teleurgestel a.g.v onnetheid in dorp. Het soveel om aan te bied in sy geskiedenis."
"Kimberley is 'n besige dorp, nie skoon nie, dit lyk sommer vuil, die ou dorp by die gat is pragtig en het dit terdeë geniet, voel net die prys vir 'n toer by die gat is baie duur. Daar is 'n pragtige dam langs die N12 waar daar vreeslik baie flaminke op was, het probeer om 'n pad te kry wat na die dam toe gaan sodat ons die flaminke kan sien en bewonder maar het niks gekry nie."
"El Toro Park is one of the better areas, if not the best to stay in Kimberley. Peaceful, still nature surrounding it and away from all the noisy parts from town. lso very clean, tidy and perhaps to be plain, one can describe it as a upper class part of town if you will."
"Mense wat belangstel in geskiedenis kan nie Kimberley misry nie. Die afstand vanaf Kimberley tot by Ladismith was net vir ons te lank. "
"Die paaie in Kimberley is baie sleg en vol slaggate. Dit was nie 'n plesier om heeltyd vir slaggate uit te kyk nie."
"Die moeite werd om Kimberley te besoek, veral McGregor Museum en die Oop Myn Museum. Ook die Humphreys Gallery."