Geverifieerde Resensie
Komatipoort
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Komatipoort bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 123 resensies.
"We love Komatipoort, it is probably the the town with the friendliest people I know. There is a little something for everybody, and we found everything we needed, including the internet cafe."
"Het effens onveilig gevoel as vrouens alleen laat deur die dorp. Maar die gastehuis was veilig."
"Nie 'n langtermyn kuierplek nie. Dis goed vir 'n stopover na Mosambiek of Knp. Ek kan Tabarina restaurant hoog aanbeveel."
"Dit lyk na 'n baie lekker dorpie - veral as jy op pad is Mosambiek toe as 'n oornagplekkie."
"Almal was so vriendelik. Van die petroljoggie tot die kelnerin in die Wimpy. "
"Klein, maar mooi dorpie. Ek was beïndruk met vriendelikheid van sy mense en het heerlike naweek daar gehad. Die Lebombo fees was ook 'n treffer en het dit vreeslik geniet. "
"Lekker naby die wildtuin, pragtige gholfbaan en verbasend baie winkles en eetplek opsies. "
"I love the Lowveld, so, I may be biased. But Komatipoort is an ideal place for a quiet weekend or as a stop-over on the way to the KNP or Mozambique. "
"Komatipoort het nie veel om te doen nie, maar tog is dit 'n lekker plekkie. Sal beslis weer kom."
"Komatipoort is 'n goeie bestemming om in oor te slaap indien jy oorgaan na Mozambique."
"Jammer die dorp bly nie so onberispelik skoon soos toe dit voorberei is vir die dorp van die jaar nie. Ook jammer ons het ondervind dat die standaarde by Kumbako definitief geval het betreffende die kos. Mag dalk eenmalig wees. Tog steeds een van ons gunstelling plekke in SA."
"Het slegs een nag oorgeslaap. Kan ongelukkig nie volledige kommentaar lewer nie."
"Dit is 'n ou dorpie, mense moet nie te veel verwag nie. Maar 'n baie lekker plekkie om te besoek."
"Baie naby die Kruger Nasionale Park en die Mosambiekse grens. Top ligging."
"Op die oog af sal 'n mens nie dink daar is sulke eksklusiewe plekkies in Komatipoort nie. Ons was regtig verras. Baie dankie aan almal se vriendelikheid."
"Komatipoort is baie stil en rustig, maar beslis naby genoeg aan toeristeaantreklikhede. "
"Wonderlik geleë met toerisme altyd in gedagte. Elke person wat jy met kommunikeer is vriendelik en behulpsaam. Die omgewing is asemrowend mooi."
"Besoekers uit die stad moet net in ag neem dat die Spar en Checkers nie na 18:00 oop is nie. Gerieflike oorslaap vir die grens en Kruger Wildtuin. Goedkoop diesel ook beskikbaar by die depot."
"Secure little place with everything one needs to take a break from the hustle and bustle of city living. "
"Definitief 'n moet vir mense wat bietjie wil gaan tiervis vang, ook baie naby aan die Kruger wildtuin. "