Geverifieerde Resensie
Langebaan
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Langebaan bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1385 resensies.
"Dit bly 'n gunsteling bestemming vir 'n naweek wegbreek. Beskik oor al die noodsaaklike geriewe."
"Eerste keer dat ons Langebaan besoek het. Was baie beïndruk en sal definitief volgende keer langer kom kuier."
"Behalwe vir die wind wat erg gewaai het kan ek nie veel sê nie behalwe dat Langebaan al amper net so groot soos Kaapstad is. Was heelwat verbaas oor al die uitbreidings."
"Beslis my gunsteling Weskus bestemming. Lekker weer, vriendelike mense en aangename atmosfeer dra by tot 'n heerlike, ontspanne vakansie. Pragtige strande en heerlike water van die strandmeer perfek vir allerhande wateraktiwiteite. Lekker plek om te hengel."
"Een van die pragtigste plekke in SA. Die blomme was pragtig. Langebaan is 'n moet sien en beleef in SA!"
"Sentraal geleë. Vakansie-gevoel. Skoon met addisionele aktiwiteite ingesluit."