Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3450 resensies.
"Ons het 'n troue bygewoon. Dit is 'n klein dorpie met ou huise, maar tog netjies en vriendelik."
Mabalingwe Nature Reserve, Limpopo
Stone Lodge"Daar is geen kaart van Mabalingwe beskikbaar nie, en ook nie inligting van waar die diere (Groot 5) hulle bevind nie. Ook nie inligting oor die verskillende areas en dat daar bv. 'n Noordelike en 'n Suidelike deel was wat geskei word deur 'n hek met 'n kode nie."
"Mens kry daar alles wat jy nodig het in die winkels. Lekker plek om van die platteland af te kom en al jou benodigdhede te kry."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Leeupoort Plaashuis"Was al baie by Leeupoort privaat en ook deur LekkeSlaap. Meeste diere gesien, maar steeds veilig agter hekke. "
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Cosmos Houthuis"Rustig, rustig, rustig. Baie diere gesien en uitgerus saam met familie."
"Jou asem slaan weg vir al die mooi natuurtonele. As jy wil ontspan en weer mens word, besoek Magoebaskloof."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Cosmos Houthuis"Dit is 'n baie rustige plek en die feit dat diere rondbeweeg is uniek. In die reservaat beskadig die doringbome wel jou voertuig geweldig, al probeer jy dit misry. Die restaurant en kroeg was baie aangenaam. "
"Pragtige plek en vriendelike mense met asemrowende plekke om te besoek. Die dam was pragtig en die weer lekker warm."
Mapungubwe National Park, Limpopo
Leshiba Mountain Retreats"A sacred place filled with sandstone rock stacks, mopane trees and wise, age-old baobabs. We absolutely loved it."
Leeupoort Vakansiedorp, Limpopo
Vir Altyd"Heerlike dorpie waar jy net op die stoep kan sit en die diere kom na jou toe. Baie lekker om daar te stap."
"Daar is niks om te doen nie en as daar is, is daar nie genoeg inligting daaroor nie."
"Omliggende gebiede is baie mooi. Jammer dat die dorp self oënskynlik agteruit gaan."
"Omgewing is pragtig. Net jammer die dorp het so vervalle geraak. Paaie is in 'n haaglike kondisie."
"Was nog altyd 'n lekker dorpie, kerk daar is te pragtig en mense is vriendelik!"