Geverifieerde Resensie
Limpopo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Limpopo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 3450 resensies.
"Paaie baie swak, die grondpaaie in 'n baie beter toestand as die teerpaaie. Net slaggate waar jy kyk."
"Bela-Bela is a beautiful place to be Elephant Springs need a revamp they must up their game to get us to go back there and the money they charge too much for such poor service."
"Die natuur in Magoebaskloof is beeldskoon. Ons het die Debengeni Waterval besoek en die fasiliteite was goed versorg en skoon. Toeristeaktiwiteite in die omgewing was egter teleurstellend. Alhoewel al die aktiwiteite in die omgewing goed bemark is deur pamflette en op die internet, was meeste van die instansies gesluit in die laaste week van Januarie toe ons daar was. Die Wegraakbosch Plaas kon ons nie op die kaastoer neem of 'n bord van hul kase bedien nie. Sequoia Gardens en Zwakala Brouery was heeltemal gesluit sonder enige kennisgewings. Na 'n uur se ry van een instansie na die volgende op 'n moeilike grondpad het ons moed opgegee. 'n Jammerte, want ons sou graag die plaaslike toerisme wou ondersteun."
"Veral die natuurreservaatomgewing baie goed - geniet die stilte en natuur. "
"Indien jy iets by die huis vergeet kan jy dit in die dorp koop. Die omgewing bied ook 'n verskeidenheid van aktiwiteite en besienswaardighede vir toeriste van alle ouderdomme. "
"Dit is 'n goeie bestemming as jy weg wil kom van die stad af. Die pragtige klein dorpie Haenertsburg is 'n ekstra bonus om te besoek - dit laat jou voel tyd het bietjie stil gestaan. "
"Bela-Bela is 'n vakansiedorpie in die middel van die bosveld. Dit is besig oor naweke, maar verder baie rustig. Hulle kan regtig iets doen aan hulle paaie en infrastruktuur."
"It gave an impression of safety as our car on the guest house was on the street parking but nothing happened. At Forever Resorts we left our belongings unattended for hours and were also still safe."
"Beeldskone area en die inwoners is uitstekend. Sal definitief weer 'n hele paar keer daar gaan kuier. "
"Spectaular scenery in Marakele National Park. The town is large enough to have restaurant choices and good grocery stores."