Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 3240 resensies.
"Verkeer is bietjie erg, maar dis seker te wagte gedurende hoofseisoen, maar verder is alles baie gerieflik naby aanmekaar geleë."
"Ons wil graag hier aftree. Dit is skoon. Strate geen slaggate nie. Straatligte werk almal."
"Ons hou al meer as 20 jaar vakansie in Mosselbaai en vir ons is dit die perfekte vakansie bestemming."
"Pragtige dorp. Vriendelike inwoners. Baie aktiwiteite. Baie goeie en lekker vakansie bestemming. Wateraktiwiteite (motorboot, "water bike", kajak)."
"Baie lekker vakansieplek en sal enige tyd weer na Mosselbaai toe gaan."
"Dit was my eerste keer daar en dit is mooi en skoon. Die Suidkus sal ons nooit weer sien nie."
"Ons het Mosselbaai baie geniet. Die stad is skoon en ons het veilig gevoel waar ons die museum en vuurtoring besoek het. Ons sal beslis weer na Mosselbaai wil reis en 'n bietjie langer daar wil oorbly."
"Baie toeristevriendelik en opwindend, ten spyte van Covid kon ons swem in die see en op strande baljaar. Die lewensredders is baie vriendelik en oplettend en ons is vinnig uit die seestrome gered toe ons op die skipwrak beland het."