Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Graskop en omgewing is 'n plek wat op almal se moet-sien-lysie moet wees. Daar is so baie om te sien en te beleef. Die glashysbak is 'n belewenis en 'n moet!"
"Die dorp se paaie is in baie slegte toestand. Ons hou van die winkels en het heerlik by Ocean Basket geëet. "
"As jy wil rus en die natuur geniet is Marlothpark definitief die plek. Ons sal die park weer besoek."
"Love the town and what's on offer, but the car guards really drives one crazy when you try to park in peace."
"Sabie het wonderlike plekke om te besoek. Dis 'n groot jammerte dat Pilgrimsrus is nie meer beskikbaar is om te besoek nie, en dat Graskop so besonders duur geword het - selfs net om iemand te sien spring! Maar die visvang, die mooi uitsigte, vriendelike mense, lekker kuier plekke en ander aktiwiteite maak dit steeds een van die dorpies wat mens moet besoek in SA."
"Pragtig bestemming vir 'n rustig paar dae vakansie. Op die oomblik is dit nog baie droog en vaal na die winter, maar ons bid vir goeie reën sodat die diere weer kan terugkom."
"Dit hang baie af van waar jy bespreek. Hoe nader aan die rivier, hoe beter. Pryse wissel van baie bekostigbaar tot duur. "
"Make sure you pack your food. We forgot our tinned goods and had to pay almost double at the little shop, although they do have all the basics. This was our first time there, and Marloth Park is definitely worth returning to. As long-time Kruger visitors, and lovers of solitude, we enjoyed it thoroughly. It is worth mentioning that we went in during the week not over the weekend, and it may not be as peaceful if very busy. "
"Marloth Park is die ideale bestemming as jy as dagbesoeker die Kruger wil besoek. Net jammer die toeriste is sulke morsjorse en besoedel die veld met hulle papiere en bottels."
"Behalwe vir die staking wat die hele dorp omver gegooi het, was dit nogal 'n uitdaging om kos te kry. Dink dalk in die toekoms na alternatiewe maatreëls in plek te stel indien so iets weer gebeur."
"Uitstekende uitsig oor rivier. Stappaadjie langs draad, asook roete om te ry. Gedeeltes daarvan is wel nie geskik vir sedan motors nie en aangesien dit 'n eenrigtingpad is kan jy jou vasry. Jy het ‘n voertuig met 'n hoë grondvryhoogte nodig. Baie voëls. Kilometers van grondpaaie om fiets te ry, draf of stap."
"Ek was al menige maal in Marloth, jy kan kilometers stap, wild besigtig, piekniek hou teen die Kruger Wildtuin se draad. Daar is 'n paar winkels om die nodigste aan te voorsien, drankwinkel, hardeware, slaghuis en 'n paar eetplekke. Hulle is besig om 'n waterspeelpark oop te maak, waar almal die geriewe kan gebruik, kinders sal die speelpark geweldig geniet. Selfoon opvangs was uitstekend, en besigheidsmense kan rekenaars saam bring indien hulle selfoon-WiFi geriewe besit."
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Crocodile Bridge Safari Lodge"Het die wildtuin geniet en personeel was hulpvaardig en vriendelik."