Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"We were not advised that the electricity was prepaid, so when it ran out at 6:00 on Wednesday morning, we thought it was a general power failure. We were only contacted hours later, whilst in the Kruger Park, that our meter "must just about be running low" and then sent the meter code. In the meantime, there had been no power for the 10 hours we were out."
"Alternatief vir Krugerwildtuin wat aangrensend is. Daar is dagritte na Krugerwildtuin."
"Dis 'n woondorp in die bos. Jy kan op 'n bank langs die rivier sit en uitkyk oor die wildtuin."
"Baie mense droom van 'n "huisie by die see" - ek droom van 'n "huisie in Marlothpark"! "
Nasionale Krugerwildtuin Suid, Mpumalanga
Sabie River Bush Lodge"Wonderlik. Pragtige wild gesien, en wildrit was goed beplan."
"Marlothpark is so geleë dat mens vir die dag kan uitgaan in die Wildtuin in. Eintlik kan jy maar net in Marlothpark rondry of teen die draad by die rivier gaan sit om vir diere te kyk. Veral teen skemer het ons nogal baie diere gesien. Genoeg winkels in die omgewing waar mens alles kan kry wat jy nodig het. Ek sal nooit moeg word om Marlothpark te besoek nie."
"Sabie is 'n baie oulike dorpie! Baie gerieflik om so naby aan al die winkels te bly en ander besienswaardighede wat naby is. Graskop is ook 'n baie oulike dorpie, om 'n draai daar te gaan maak en deur die winkel stalletjies te loop."
"Marlothpark is 'n heerlike oorblyplek vir ontspan en besoeke aan die Wildtuin. "
"Die dorpie self is vervalle en net twee eetplekke is oop na 17:00. Dit is beslis nie die dorp van 20 jaar terug nie."
"Marlothpark is uniek in sy eie reg en die stilte en rustigheid is lafenis vir jou gees en siel. Daar moet net na die paaie, veral langs die rivier, omgesien word."
"Ons is baie lief vir Marloth Park. Heerlike boswegbreek met diere oral. Die grens teen die Kruger Wildtuin sorg altyd vir die een of ander raaksien van diere. Die beskikbare restaurante, supermark, slaghuis en sekuriteit maak dit 'n baie gerieflike, bekostigbare keuse."
"Baie lekker, maar die karwagte is opdringerig en daar is mense wat geld bedel."
"Baie naby aan Kruger Park en verblyf is baie mooier en goedkoper. Sal volgende keer oorweeg om daar te bly en net die Park as dagbesoekers besoek."