Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.
"Port Nolloth is maar 'n gewone klein, stil kusdorpie. Lekker om bietjie te rus en familie- of gesinstyd te geniet. Solank die verblyf goed is, sal veral persone van die stede die rustigheid geniet."
"Wye strate, pragtige argitektuur en gerestoureerde geboue, heerlike eetplekkies, presies halfpad tussen Pretoria en Kaapstad. Karoo-rustigheid op sy beste."
"Don't expect more than a convenient overnight stopover, but very friendly people in general."
"Was nie regtig in Augrabies self anders as die valle nie so kan nie regtig my mening lewer nie."
"The restaurant we went to was very good, but I wouldn't rate Colesberg as a destination, merely a good stop over point."
"Baie mooi dorpie, ons moes maar leer as Gautengers dat die klein dorpies op Sondae laat middae nie oop restaurante en winkeltjies het nie."
"Dit is die perfekte plek om te stop op pad Kaap toe of Johannesburg toe."
"Die dorpie is 'n wonderlike plek om te stop as deel van 'n road trip. Die mense in die dorp is ongelooflik vriendelik en die natuur skoon is iets om te beleef. Ek sal definitief die calamari by die Rooi Spinnekop-restaurant aanbeveel."
"Slegs interessant vir die geskiedkundige. Min om te bied aan toeriste wat deurtrek itv snuistery / koffiewinkels. Ons was nie bewus van enige nie."
"Klein, skoon, stil en rustige dorpie met nog tipiese Karoo-boustyl huisies (stoepe teen die grondstrate en hortjies vensters.) Petrolpompe toe van Saterdagmiddag tot Maandag. Naaste dorp so 60 km en nie altyd selfoonontvangs op hierdie pad nie."
"I would recommend Richmond as a destination to everyone, but make the trip worthwhile and stay a few days. The people and buildings are amazing. An experience never to be forgotten."
"Ons het net oornag en geen van die toeristeaantreklikhede besoek nie, maar dit blyk of daar nogal ‘n paar is om te sien."
"Op enkele uitsonderings na is die dorp skoon en netjies en maak, in die algemeen gesproke, 'n gunstige indruk. 'n Besoek aan die museum is die moeite werd. Die omgewing is besonders en kenmerkend van wat 'n mens van die veelbesonge Hantam verwag."