Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.
"On Port Nolloth beach there was a lot of broken glass and litter which was quite disappointing. I believe in December it is a blue flag beach but definitely not in August. "
"Pragtige skoon dorp met vriendelike inwoners, gerieflike B&B en besonderse eetplekke. "
"Nie juis baie besienswaardighede nie, maar 'n ideale plek om te ontspan. Dit is wel 'n goeie plan om vanaf Soebatsfontein deur die park te ry tot by Skilpadplaas. Let wel: Die voertuig moet hoog wees om oor baie hoë keerwalle te ry!"
"Baie mooi dorp met 'n rustige atmosfeer. Ons het baie lekker geëet by die Merino Restaurant. Pragtige Karoo argitektuur."
"Mooi historiese dorp met pragtige Karoo argitektuur. Dit lyk asof die nuwe munisipale raad ekstra moeite begin doen oor netheid en ontwikkeling. Definitief die moeite werd om hier oor te bly. Besoek ook die Kingwill Deli en Coffee shop! En daar is 'n staproete op die berg."
"Ons het Springbok besoek as deel van ons blommetoer - moeilik om dit as 'n bestemming te sien die res van die jaar."
"Baie mooi plattelandse dorpe. Sou langer wou oorbly om meer goed te sien en doen, al sou dit net wees om meer met die plaaslike mense te kon gesels. "
"Britstown is ‘n rustige dorpie met baie vriendelike en bedagsame inwoners."