Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.

Calvinia, Noord-Kaap

Tarantula Guesthouse

"Lekker ou dorpie om net in rond te loop en te wees."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

De Oude Pastorie Gastehuis

"Wonderlike ou dorp met baie karakter - beveel aan vir enige persoon met liefde vir die Karoo."

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Die oopheid, ruheid en vriendelikheid is 'n wonderlike ervaring. Rus vir die siel en salf vir die oog en gemoed. "

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Soveel pragtige versteekte plekke. Dit is 'n moet sien."

Hondeklipbaai, Noord-Kaap

Honne-Pondokkies

"So bly ons het dit deel van ons Kaapse toer gemaak!"

McDougallsbaai, Noord-Kaap

Peaceful Place

"Heerlik geëet by Vespetti Restaurant "

Augrabies, Noord-Kaap

Augrabies Valle Guesthouse

"Ons het die ruheid van die terrein geniet. Die restaurant se koedoepastei was uit die boonste rakke, die springbok carpaccio ongelukkig nie."

Colesberg, Noord-Kaap

Chrizaan Guest House

"OK Basaar is goed toegerus."

Hadison Park, Noord-Kaap

The Cottage - Hadison Park

"Great value for your money. Should really give it a try. You won't be disappointed."

Riemvasmaak Streek, Noord-Kaap

Lekkerbly

"Ons hou gereeld vakansie in die Noord Kaap en omstreke en is nog nooit teleurgestel nie. Die mense is uiters gasvry."

Calvinia, Noord-Kaap

Tarantula Guesthouse

"Dit is so 4 tot 5 ure se ry van die Weskus . Maak dit deel van week se reis. Plattelandse gasvryheid ervaar."

Colesberg, Noord-Kaap

Spes Bona Guesthouse

"Alhoewel daar heelwat besienswaardighede is, sal ons nie daar wil vakansie hou nie. Dis 'n mooi plattelandse dorpie."

Colesberg, Noord-Kaap

Brand Guesthouse

"Ons was baie verras met die skoon strate en 'n heerlike ete by Platteland Restaurant. "

Groen Kalahari, Noord-Kaap

Slypsteen Guest Farm

"Die natuurskoon is asemrowend."

Colesberg, Noord-Kaap

Coles Corner

"Baie aangenaam verras gewees met die eetplekke in die dorp."

Kamieskroon, Noord-Kaap

Kroon Lodge

"Net vir 'n besoek niks anders nie."

Britstown, Noord-Kaap

Elsa's @ 27

"Dis 'n gereiflike oornagplek, maar daar is nie veel om te doen nie. Die enigste plek waar mens 'n goeie ete kan geniet is by die hotel, en hulle is baie duur. Daar is 'n baie oulike koffiewinkel in die die ou meule en daar is heerlike ontbyt en middagetes te koop. Die mense is almal baie vriendelik. Ons sal beslis weer daar oornag."

Britstown, Noord-Kaap

Sweetfontein Boutique Farm Lodge

"Onthou dit is 'n dorpie waar ons almal deurjaag. Stop 'n slag en koop lekker tjops by die slaghuis. "

Kleinsee, Noord-Kaap

House Nemo

"Al kommer wat ek het, is die paaie wat na Kleinsee lei."

Victoria-Wes, Noord-Kaap

De Oude Pastorie Gastehuis

"Besoek gerus die Karoo Yard, baie hartlike ontvangs en Springbok "hamburgers"."

Springbok, Noord-Kaap

Chef's @ 6

"Gerieflik vir oorslaap en om voorraad aan te vul. "

Colesberg, Noord-Kaap

Linda's Guest House

"Ons bogenoemde oordeel is volgens ons eie waarneming. Ek het gedink dit is 'n pragtige dorpie met versteekte juwele, maar moet sterker bemark word. (Dalk mis ek die bemarkingspogings, dan vra ek omverskoning.) Baie ken en sien Colesberg slegs as 'n oornag- en/of brandstofpunt, terwyl die dorpie is eintlik versteek agter die koppies met pragtige besienswaardighede."

Calvinia, Noord-Kaap

Katryns

"Aangename Karoodorp. "

Victoria-Wes, Noord-Kaap

Moonlight Manor

"Wat 'n verandering van pas. "

Richmond, Noord-Kaap

Karoo Manor Guest House and Restaurant

"Nie alle toeriste stel belang in ou geboue en kerke nie. Ek weet nie of daar juis iets anders is wat dit 'n toeristebestemming sal maak nie."

Colesberg, Noord-Kaap

Toverberg Guest Houses

"We use Colesberg as an overnight stop on N1 but have always had a pleasant stay and found adequate places to eat. "

Hadison Park, Noord-Kaap

The Cottage - Hadison Park

"Koopkrag het opgeraak gedurende laaste nag."

Noord-Kaap

Kgalagadi Lifestyle Lodge

"Die buitelug- en 4x4-liefhebber sal nie in die omgewing uitgekuier raak nie. Benewens die oorgrenspark met sy beskaafde westelike deel wat ook selfry duineroetes aanbied en rowwe oostelike gebied wat in geheel selfversorging vereis, is daar verder oos die Witsand Reservaat met sy brulsand, die "Oog" by Kuruman, die Augrabiese valle met sy waterskouspel en magtige rotsravyn. Vir diereliefhebbers is 'n besoek aan die "Meerkat Sanctuary" naby die Kgalagadi 'n besondere ervaring. Verder wes kan 'n mens die Pella-nedersetting besoek met sy unieke kerkie en plaaslike sappige dadels eet. Oral langs die oranje is daar kleiner oorde wat elkeen sy eie aantrekkingskrag bied."

Blad
Blad 276 - Wys 8251 tot 8280
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang