Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 9684 resensies.
"Die grondpad vanaf Calvinia na Sutherland was 'n bietjie rof gewees. Sal aanbeveel dat mens dit aanpak met 'n 4x4 eerder as 'n sedan-voertuig. Calvinia Museum was interessant, maar 'n mens kan sien dat verdere befondsing hulle baie sal help. Argitektuur deur Calvinia maak definitief vir 'n paar pragtige foto's."
"Barkly-Wes ervaar tans probleme met waterpype en daar is derhalwe baie uitgrawings in die strate. Ek meen egter dit sal binnekort herstel wees. Ons het Pniel en Gong Gong besoek en dit baie interessant gevind. Ongelukkig nie tyd gehad om Barkly Wes se ander toeriste-aantreklikhede te besoek nie."
"Interresante en skoon Karoodorpie met vriendelike mense. Alhoewel ons nie die ander eetplekke beproef het nie en hul dus nie kan oordeel nie, kan ons u tog aanbeveel om gerus 'n ete by Die Blou Nartjie Restaurant in te pas, hul burgers met bykosse was baie smaaklik en kan sterk aanbeveel word."
"Did soos enige ander platelandse dorp wat dringend aandag moet gee aan toestand van paaie en geboue."
"As jy stilte en natuurskoon soek met tog alles wat jy nodig het in die vorm van restaurante en winkels, is Hondeklipbaai die plek waar jy moet uitspan. Die mense is baie spesiaal."
"Calvinia is an interesting place to stay and we enjoyed Hantamhuis. Due to weather conditions we couldn't walk about."
"Horse and Mill is a great pub with super food! Innikraal is a great restaurant with a more modern feel and outside area."
"Upington has grown since we were here last (20 years ago). There is a great shopping mall and good restaurants."
"Douglas is 'n moet sien! Rustige dorpie! Toerisme-aantreklikhede (Samevloeiing) kan gerus ontgin word! Potensiaal vir 'n restaurant en oornaggeriewe by die Samevloeiing kan toeriste lok!!"
"Acts as a halfway destination to the Richtersveld, West Coast village like Port Nolloth, and a definite stop-over for those travelling to Namibia."
"Werklik 'n geskiedkundige dorpie. Die mense is baie vriendelik en daar is heerlike restaurante."
"Upington word heeltemal te min bemark. Daar is so baie om te sien en te doen langs die rivier. Groot besighede soos Oranje Wynkelder, KLK, SWK, Shoprite, Pick n Pay SPAT. Die plaaslike klein besighede behoort baie meer betrek te word om die skoonheid van Upington en die Noord-Kaap bekend te maak."
"Ons het net een nag daar geslaap en het nie veel te doen gehad daar nie. Die baie sonpanele op verskeie plase was interessant om te aanskou. Die mense het ons baie gasvry en hulpvaardig ontvang."
"Kathu was vir 10 jaar ons blyplek in die '70s en ons wou gaan kyk hoe die dorp ontwikkel het. Die mynbedrywighede is baie besig en die natuur het baie verander agv die mynhope. Dit is egter die moeite werd om daar 'n draai te maak."
"Ons het so laat daar aangekom en vroeg weer gery, dat ons nie eintlik veel weet van die plek nie. Dit was egter 'n goeie oorslaapplek aangesien ons laat eers uit Stellenbosch gery het."