Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
SeaKaya"Excellent, so much quieter than Hermanus. Fresh seafood at the Harbour fishmarket."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Centre-Ville Guest House"Pragtige dorp met baie om te doen vir mense met verskillende belangstellings. Die berge bied uitstekende hiking en mountain bike roetes."
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
7de Hemel Stilbaai"Ons kon nie die Preekstoel sien nie en het nie navraag gedoen nie. Ek was 20 jaar laas daar so daar is veranderings."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Whale Watch Accommodation"We found the locals to be friendly. We especially enjoyed your treasure shops. Secondhand shops. Not omitting the fantastic scenery and beaches."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Bastian's Retreat"Pragtige vakansiebestemming en naby Weskuspark."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Bovlei Guest Farm"Die geskiedkundige dorp het my verras en het die ideale ligging om as basis vir 'n Karoovakansie of blommekyk te dien."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Dreamcatcher Mint"Dit was effe steurend van die hoeveelheid mense wat bedel en goed aan jou wou afsmeer sodra mens uit die kar klim of sit en eet by 'n restaurant. Daar is die oulikste eetplekke met die heerlikste kosse."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Skuinslê"Yzerfontein is uitstekende plek, pragtige strandfront. Pragtige en rustige dorpie, vakansieatmosfeer."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Potters Rest Studio 1"Goeie basis om die Weskus te verken. Die restaurante is ook baie goed."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
De Ville Lodge"Die plek is pragtig en weerspieël 'n uitstekende deel van ons land."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Aloha 3"Ons was teleurgesteld in die restaurante se spyskaarte wat nie regtig vars seekos bedien het nie."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Asteroidea"Ons is verlief op Paternoster. Ek het in die weskus groot geword en dit bring my terug na my kinderdae."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Accommodation"Clanwilliam is sentraal geleë om na die blomme te gaan kyk of om die Weskus te besoek."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Speedo's en Crocs"Uitstekende plek, of jy nou gaan vir 'n naweek of lang vakansie, of jy nou oud of jonk is, daar is meer as genoeg om te doen en te sien en dit is beslis my gunstelingdorp. Ek gaan minstens 5 keer 'n jaar Struisbaai toe."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
The Olive and Vine Farm Cottage"Oe dit is prentjiemooi, die berge skilderagtig en die dorpie so mooi skoon, netjies en vol verrassings en lekker eetplekkies! Ons sal weer wil kom kuier!"
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Flora House Clanwilliam"Mooi dorp en ideaal geleë vir blommekykers. Ons sou graag langer wou gebly het, maar ons toer was vooruit bespreek en ons moes aan beweeg."
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
La Bri Guest House"Lieflike omgewing met genoeg om te doen vir 'n toeris."
Pringlebaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Waterblom in Pringle"Die baai en die omringende berge maak vir 'n onoortreflike vakansie!"
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Beach Cottage 2"Hermanus is beautiful, definitely would recommend any person to travel to Hermanus. It's value for money and time."
"Tulbagh is a lovely little town with a great sense of history and culture. We had a great time exploring the surrounding mountains too."