Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Calypso Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
4 Thera Way, Calypso Beach"Wonderlike area en perfek vir ‘n paartjie en/of familie."
Port Owen, Ontsnap Uit Kaapstad
Marina point 25"Die beste plek om te ontspan vir 'n wegbreek van die gewoel van die stadslewe. "
Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad
Misty Mountains"Lyk oulik, weet nie veel daarvan nie want ek het nog nie verken nie."
Van Riebeeckstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
The Palms"Pragtig. Kan tafelberg sien. Veilig. Kinders, ouers en honde op die strand. Sal aanbeveel vir familie. "
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Oom Piet Accommodation"People were friendly, enjoyed the stay in the area."
"Witsand is 'n hengelparadys. Dit is baie rustig daar en rus is aan die orde van die dag."
Saldanha, Ontsnap Uit Kaapstad
Nel's Nest"Dit is 'n rustige dorp aan die Weskus en Paternoster is 15 min se ry. Regtig baie om te sien. "
Longacres Country Landgoed, Ontsnap Uit Kaapstad
Camelot Cottages"Daar moet meer beligting wees in die aand."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Swerwer's Rus"Pragtige dorpie, lieflike mense, fantastiese kos. As dit nie vir dit was nie sou ons hele naweek 'n flop gewees het. Ons sal beslis weer teruggaan. "
Sandy Point, Ontsnap Uit Kaapstad
Montserrat Oceanfront Beach Villa"Sandy Point is 'n rustige plek. Die dorpie rondom is soos wat mens verwag van enige Weskus dorp - daar gaan nie veel aan nie, nes mens dit wil hê. Daar is natuurlik 'n Spar en OK waar jy meeste van jou inkopies kan kry. Maar dit bly 'n Weskusdorp. "
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Le Whale"Vat vir jou altyd 'n warm baadjie saam vir die wind wat van die see af waai, dit kan onplesierig raak."
Dwarskersbos , Ontsnap Uit Kaapstad
DK Villas Skilliepark"Wanna experience one of Gods creations without spending money, visit this area."
"Wonderlike plek met wonderlike atmosfeer wat ek enige tyd sal aanbeveel. Ek sal weer en weer soontoe gaan."
"Die omgewing is sommer so vanself mooi, wonder om te probeer. Daar is baie plekkies om te sien en te besoek. Definitief die moeite werd."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
D.V. Engelhijs"Paternoster is 'n rustige dorpie. Mens voel veilig daar en die mense is vriendelik. "
Dwarskersbos , Ontsnap Uit Kaapstad
Maluti"Ten spyte van die rooigety, heerlik rustig en oop met fantastiese sonsondergange en 'n baie lang strand om te gaan stap. Mal oor die plek. "
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
C-Kijker"Sodra die winkelsentrum gebou is sal dit alles makliker maak."
"Ons sal beslis weer Greyton toe gaan om 'n paar ander eetplekke te besoek en die omgewing te verken."