Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Palmers Place"As jy kan, gaan mid-week om die walvisse te sien en in die dorp rond te dwaal! Heerlike restaurants, 'n wonderlike aanbod aan boekwinkels en meer top kunsgalerye as wat jy op twee hande kan tel."
Kleinbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Great White Accommodation"Baie rustig en veilig. Volgende keer wil ek die haaie daar gaan kyk. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
C-Breeze"Paternoster is an unknown, yet beautiful treasure. The people are very nice, the vibe of the people by the beach is great and the quaint heartiness of small villages is fantastic."
"Sien uit daarna wanneer die paaie klaar is om weer te gaan."
"Dis 'n pragtige, skoon plek met fantastiese argitektuur en winkeltjies wat 'n mens ure kan besighou."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
174 Atlantic Drive - Original"Yzerfontein is die mooiste en rustigste kusdorp! Sal definitief weer eendag soontoe wil gaan. Net jammer die mooi natuur word ontsier met al die "mansions" wat nou gebou word!"
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Winterson en Somerkoelte"Ek was baie beïndruk met Swellendam - wat 'n pragtige dorpie. Sal beslis weer kom!"
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
Koffie and Katel"Dis regtig 'n mooi dorpie met mense wat jou tuis laat voel. Dis asof jy in 'n ander tydperk instap waneer jy daar is. Asemrowende dorp."
"Paarl is waarlik 'n bekorende stukkie Wes-Kaap wat elke toeris se asem sal bekoor. Baie besienswaardighede en lekker kuierplekkies. "
Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Laanhof"Wonderlike restaurante en winkels in Sentraal Stellenbosch."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Hoofweg 83 Struisbaai"Struisbaai is een van daardie plekke wat 'n mens moet besoek in jou leeftyd. Ons het ons tyd in Struisbaai baie geniet. Ons het nog 'n paar ekstra dae nodig gehad, want daar was nog baie dinge om te beleef."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Twin Palms"Die dorp bied 'n verskeidenheid eetplekke, winkels en aktiwiteite."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Langebaan Cottage"Was aangenaam verras met die plek, klein maar pragtig. Die na-middag wind is baie erg! Die lagoon gee nogal pret. Lekker plekkie om te besoek."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Jannie se huis"Rustige see vakansie. Tieners is dalk bietjie verveeld, want daar is nie baie vir hulle om te doen."
"Dit is 'n pragtige dorpie met die mooiste ou geboue. Die natuurskoon van die omgewing en die ligging van die dorp maak dit ook lekker om met 'n kamera rond te stap. Daar is altyd iets moois om af te neem."
Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Vidi's Place"Rustige en skoon dorpie. Absoluut 'n positiewe ervaring."
Stellenbosch Sentraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Ryneveld Lodge"Bnine loop- en ry-afstand vanaf baie goeie vermaak en wynlande van die omgewing."
Silversands, Ontsnap Uit Kaapstad
Anne's Place"Ek sal ander toeriste aanbeveel om gerus hierdie plek te gaan besoek. Dis 'n baie rustige omgewing waar jy lekker kan rus en ontspan. "
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Paul Kruger 63"Dit is 'n pragtige rustige plek. Ons kon selfs 8uur in die aand gaan stap! Die mense is vriendelik en die dorp is so skoon! Baie dankie vir 'n onvergeetlike tyd. Ons sal beslis weer daar gaan "kuier"."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Villa Amore"As jy rustig wil wees en die natuur wil geniet, is Paternoster die plek. Indien jy hou van winkelsentrums bly weg."