Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Bosbokduin Cottages - Lee and JJ's Beach House"Baie lekker in Februarie en Maart - gaan as jy kan!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Kiewiet"Paternoster is duidelik 'n plek vir buitelanders met ponde en euros. Alhoewel die verblyf nie buitensporig duur was nie, was restaurante vreeslik duur en die keuses baie basies. Blikkie Pizzeria waar ons toe uiteindelik geëet het se pryse was meer realisties met 'n pragtige uitsig, die kos was lekker en personeel vriendelik. Maak seker om alle kosse te koop voor Paternoster - net 1 klein winkeltjie met basiese. Vredenburg het nie 'n Woolles nie."
Arniston, Ontsnap Uit Kaapstad
Arniston Spa Hotel"Pragtige en rustige dorpie, net die regte medisyne."
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Die Bos Hoff"Die strande is baie klipperig, nie regtig sand om op te loop nie. Ons moes van buurstrand, Onrus, se strand gebruikmaak."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Tweede Wind"Wat 'n pragtige plekkie. Dis ons aftreedorp eendag. "
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Beaumonte Guesthouse"Hermanus is een van die beste toeristebestemmings in Suid-Afrika. "
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
16 Perlemoendraai Beach House"Perfect, laid back and quiet. Beautiful place to unwind."
"Perfect for tourists, the sea is a stone throw away. It's centrally located and travelling to V&A Waterfront, Table Mountain as well as other tourist attraction sites are easy. The best place to visit. "
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Lala Phanzi"Gansbaai is 'n stil plek met pragtige natuurskoon. Al is dit stil, is daar genoeg om te doen in die omgewing en as jy 'n bietjie uitry is daar baie mooi plekke om te sien onder meer die mees suidelike punt van Afrika (Kaap Agulhas)."
"Die Paarl bly maar net die allermooiste Bolandse dorp! 'n Moet om te besoek as jy nog nooit daar was nie!"
Dwarskersbos , Ontsnap Uit Kaapstad
Beachhoff Beach Front Flat"Pragtige, skoon en netjiese dorpie. Almal is baie vriendelik."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Lagoonside @ 77"Langebaan is 'n pragtige vakansiebestemming wat baie vir toeriste bied en daar is ook baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Skokkend dat die dorpie so vuil en verwaarloos is. Gelukkig moes ons net deur die dorpie ry om by die pragtige Elgindam te kom. "
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
28 Kolgans"Gansbaai is 'n fantastiese plek. Het al baie daar gekom en sal steeds baie gaan kuier. Mooi omgewing, baie om te sien, mooi natuurskoon en gawe mense. "
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Betta Sleep Overnight Rooms"Seker die mooiste dorp aan die Weskus."
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Whale Cove AG01"Pragtig, het grotte en mooi uitsig geniet, maar dit is nie 'n swemplek vir kinders nie. Daar is baie rotse en min strand. Moes Hermanus toe ry om kinders te laat swem. Indien daar swemplek was, moet dit dalk meer genoem word, want ek weet nie daarvan nie. "