Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Kleinbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Casaplanca"Kleinbaai is rustig en pragtig. Ek dink Kleinbaai kort dalk 'n lekker kafee en restaurant."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
31 on Seaview Self-Catering"Very tranquil and beautiful. Would definitely visit again!"
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Die Hawehuis"Ongelooflike vriendelike mense, lekker restaurante en 'n skoon en rustige dorp, maar jy voel nie soos in sommige strandoorde buiteseisoen dat jul amper die enigste mense is wat daar kuier nie."
Die Boord, Ontsnap Uit Kaapstad
At Home"Die Boord is nie juis 'n toeristebestemming nie, maar 'n goeie woonbuurt om in te bly as besoeker van Stellenbosch en omgewing."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Super Petite @ 27"Vriendelike mense by die museum, Bontebokpark en ander besienswaardighede, asook by Tyre Mart waar ek my band laat regmaak het. Ek dink Swellendam is 'n absolute juweel."
Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad
In the Vineyard Cottages"Klapmuts self het nie veel nie, maar talle wynplase naby. "
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Whalescape"De Kelders and the whole Gansbaai area is an undiscovered tourist destination in my opinion. Particularly for people without very young children. Quiet, safe, easy for walks and access to the sea and great scenery. Good pricing for accommodation here. Relatively easy access to CT International Airport in around 90 minutes on good roads. For me they could make more of their archaeological interest, particularly Klipgat and the various De Kelders caves and the many interesting shipwrecks."
"Montagu is 'n besondere plek, en 'n "moet" vir elk om te sien. Baie geskiedenis, en baie natuurskoon."
Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad
Bona Vista Self-Catering Accommodation"Pragtige omgewing, met heelwat om te doen. Dit is naby al die mooiste Bolandse dorpe, maar die rustige atmosfeer maak dit 'n rustiger oornagplek."
Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad
Bugler's Cottage"Dit is beslis 'n besoek werd en ons sal weer gaan. Die staproete al langs die rivier was heerlik en die natuur is pragtig. Daar is baie voëls, maar die voëlskuiling was gesluit en ons het nie die sleutel aangevra nie. Stanford is goed geleë vir besoeke aan wynplase en die nuwe staproete na die grot op Philipskop om die San-rotstekeninge te besigtig ... 'n belewenis! Die veld was pragtig oortrek met sewejaartjies in blom. Jammer van die droogte - die waterval was droog, maar die rotsformasies was indrukwekkend. Ons het ongelukkig nie tyd gehad om die kaasfabriek te besoek nie, maar sal volgende keer graag daar 'n draai wil maak."
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
@ 13 Sauvignon"Robertson is die beste plek vir 'n toeristebestemming."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Fisherhaven Traveller's Lodge"Pragtige en skoon dorp met asemrowende uisigte."
Bettysbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Cornerstone"Bettiesbaai is 'n pragtige kusdorpie met die mooiste natuurskoon. "
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Tweede Wind"Sjarmante dorpie, klein maar het lewe, beeldskoon en stilte wanneer jy dit die nodigste het."
Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad
Stanford Old Mill"Die gemeenskap sal moet aandag gee aan die kinders wat op 'n Sondag in die middedorp bedel. Dit is 'n irritasie as 'n mens rustig wil rondstap tussen die winkels wat oop is en kinders volg jou."