Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Beautiful Abalone"Hermanus is 'n pragtige kusdorp wat baie vir toeriste bied."
Britanniabaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Nautilus Self-Catering Accommodation"Mooi wêreld en sal dit graag weer besoek vir 'n langer tydperk."
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Mile's End"Die dorp beskik oor alles wat nodig is. Die strate is effens nou in sekere areas. Verder lekker klimaat en sal weer daar gaan vakansie hou."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Abalone Guest House"Wonderlike rustige dorpie. Geskik vir 'n rus-vakansie."
Elandsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Elandsbaai Woonstelle"Elandsbaai is maar 'n klein dorpie, maar perfek vir oorslaap."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Was net teleurgesteld dat die wynkelder in Barrydale nie oop was op 'n Sondag. "
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Hotel"Clanwilliam is baie sentraal geleë wat dit 'n goeie toeristebestemming maak."
Van Riebeeckstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Island View F2"Plek is skoon en binne loopafstand van die woonstel. Onthou, dis Kaapse strande en die water is koud."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Onse Plekkie"Vredenburg is n groot dorp wat 12 km vanaf Jacobsbaai geleë is. Daar is 'n groot mall met al wat 'n winkel en eetplek is. Jacobsbaai self het egter net 1 eetplek en 'n klein plaaswinkel. Die internet-ontvangs is baie gebrekkig, maar vir mense wat wil wegbreek van alles is Jacobsbaai ideaal. Dit is ook prentjiemooi met pragtige wit huisies en veldblomme. Ander plekke soos Paternoster en Tietiesbaai is lekker naby om te besoek. Jacobsbaai moet gesien word! "
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
Shades of Provence"Riebeek-Kasteel is bietjie van 'n geheim. Mooie plek (ek raak regtig liries daaroor) en ook sentraal geleë om plekke naby te besoek."
Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad
Lekkerwijn Heritage Country House"Fanschhoek bly pragtig en bied iets vir almal."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Party Nosta"Die petty crime is nogal iets wat 'n mens pla wanneer 'n mens daar is. Veral wanneer jy gewaarsku word dat mense snags in vakansiegangers se karre inbreek. Dit gesê, ons het heerlik gerus! "
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Marianne's Self-Catering Flat"Road works prevented us from exploring and bamboozled our GPS - momentarily."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
No17 on Mile16"Een van ons gunsteling plekke vir vakansie hou. Baie netjies, skoon en vriendelike mense. "
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Klein Boschkloof"Wonderlike, interessante plattelandse dorpie met gasvrye mense."
"Witsand is a very peaceful, quiet area and also a good place to fish. If you are looking for activities for kids, it's the wrong place to be! "
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Skulpie Upstairs Jacobsbaai"Sal weer daar gaan ontspan wanneer ek kan!"
Pearly Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
Glipsie By Die See"Vriendelikheid van die permanente inwoners laat jou sommer tuis voel, en moenie vergeet van die ongerepte strand nie. Dis hemels in vergelyking met ander strande. Probeer asb. om dit so te hou."
Jongensfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Leben Seehuisie"As jy lief is vir die see, is dit die plek om na te gaan."
"Al die restaurante, winkels en padstalle bied uitstekende verskeidenheid en waarde vir geld."