Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
Walkerview Apartments"Rustige en netjiese kusdorp - sal weer daar 'n draai maak! "
De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad
The Whale Cove"Eerste keer wat ons daar kom en ons was baie verbaas. Dit is stil en rustig, baie lekker om te gaan stap op die paadjies langs die see en tog is jy binne enkele minute by winkels om jou kosvoorraad aan te vul. Die omgewing is pragtig. Stukkie hemel op aarde."
Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad
Stanford River Lodge"Stanford is 'n kuierplek met heerlike eetplekke. Mariana en Springfontein is 'n moet! Ons het heerlik gekuier in Springfontein se Barn wat net om die draai is en dit is 'n heerlike, cozy, pragtige en rustige uithangplek in die aand wat glad nie duur is nie. Op pad uit die dorp koop 'n heerlike vars brood en ander lekker prentjiemooi eetgoed by die Ou Meul. Gaan gerus na die kaasplaas en gaan proe bier net buite die dorp. Heerlik!"
Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad
La Montagne Lodge"Het ongelukkig nie tyd gehad om regtig deur die dorpie te gaan nie, maar sal beslis weer vir 'n besoek gaan."
Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad
Melkbos on D’Beach"Melkbosstrand is 'n rustige en baie mooi bestemming. Dit is ook naby Kaapstad en omgewing. Lieflike strande om sommer lekker ver te stap."
"Witsand is 'n klein plekkie, met die vriendelikste mense, wat sommer dadelik in jou hart in kruip!"
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
24 Whale Rock Estate"Stil en rustige plekkie, baie lekker toeristebestemming."
Pearly Beach, Ontsnap Uit Kaapstad
Milkwood Cottage"Naby aan Gansbaai, Franskraal, Baardskeerdersbos en Uilenkraalsmond. Baie om te doen en te sien, of net rustig by die see te kan ontspan."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Mad Mongoose"Dorp het meer aangebied as wat ons verwag het. Uitstaanpunte: Seville Boesmantekeninge-staproete, Ou tronk museum en teeproe by die Rooibos Teahouse."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Queenies Cottage"'n Wonderlike rustige dorp met pragtige mense en nog meer pragtige areas om te besigtig. Daar is iets om te doen vir jonk en oud. Alles wat jy nodig het is tot jou beskikking. "
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Baleia de Hermanus"Feels like you are in a foreign country, love it!"
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
Beyond the Sea Country Guesthouse"It is a real pleasant destination to visit."
Velddrif, Ontsnap Uit Kaapstad
Cloeteskraal Chalets"Ons het lekker rondgery in die omgewing - Velddrif en Dwarskersbos. Die Fosielpark naby Langebaanweg is 'n absolute moet!"
Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Bellevue Resort - Unit 10"Dit is 'n mooi en skoon dorp met die nodige geriewe. "
Silversands, Ontsnap Uit Kaapstad
Pik 'n Wyntjie"Silversands is 'n absolute pragtige strand met die skoon sandduine. Eenrigting parkeerarea egter 'n groot probleem."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Zabdiel Units"Ons dink Yzerfontein as toeristebestemming is wonderlik en het groot potensiaal. Ons ry baie kere daar aan en het al baie mense daarheen verwys. Daar is goeie restuarante, puik gastehuise teen bekostigbare pryse, lekker stapplek en natuurskoon waar jy kyk."
Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad
Seagull Hermanus"Heel lekker en naby genoeg aan Hermanus maar ver genoeg om die gedruis te mis."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Paters Haven BnB & Self-Catering"Wat 'n heerlike Weskus ervaring!"
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Le Chaim House"Paternoster is pragtig, ek dink egter dat die winkels duur is vir die plaaslike besoekers, as dit vergelyk word met al die ander dorpies aan die Weskus. Die restaurante is ook baie besig en gewoonlik vol so as n mens nie bewus is daarvan nie en jy slaap net vir 'n paar aande oor is dit moeilik om plek te kry vir 'n goeie maaltyd. Dit bly egter 'n baie spesiale, unieke plek wat prentjiemooi is."