Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Escape From Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.

De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad

Walkerview Apartments

"Rustige en netjiese kusdorp - sal weer daar 'n draai maak! "

De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad

The Whale Cove

"Eerste keer wat ons daar kom en ons was baie verbaas. Dit is stil en rustig, baie lekker om te gaan stap op die paadjies langs die see en tog is jy binne enkele minute by winkels om jou kosvoorraad aan te vul. Die omgewing is pragtig. Stukkie hemel op aarde."

Stanford, Ontsnap Uit Kaapstad

Stanford River Lodge

"Stanford is 'n kuierplek met heerlike eetplekke. Mariana en Springfontein is 'n moet! Ons het heerlik gekuier in Springfontein se Barn wat net om die draai is en dit is 'n heerlike, cozy, pragtige en rustige uithangplek in die aand wat glad nie duur is nie. Op pad uit die dorp koop 'n heerlike vars brood en ander lekker prentjiemooi eetgoed by die Ou Meul. Gaan gerus na die kaasplaas en gaan proe bier net buite die dorp. Heerlik!"

Riebeek-Kasteel, Ontsnap Uit Kaapstad

La Montagne Lodge

"Het ongelukkig nie tyd gehad om regtig deur die dorpie te gaan nie, maar sal beslis weer vir 'n besoek gaan."

Melkbosstrand, Ontsnap Uit Kaapstad

Melkbos on D’Beach

"Melkbosstrand is 'n rustige en baie mooi bestemming. Dit is ook naby Kaapstad en omgewing. Lieflike strande om sommer lekker ver te stap."

Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Die Hawehuis

"Once you have visited Stilbaai you will be back."

Witsand, Ontsnap Uit Kaapstad

Pepper Tree Cottage

"Witsand is 'n klein plekkie, met die vriendelikste mense, wat sommer dadelik in jou hart in kruip!"

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

24 Whale Rock Estate

"Stil en rustige plekkie, baie lekker toeristebestemming."

Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Ankergooi

"'n Pragtige, stil dorp."

Pearly Beach, Ontsnap Uit Kaapstad

Milkwood Cottage

"Naby aan Gansbaai, Franskraal, Baardskeerdersbos en Uilenkraalsmond. Baie om te doen en te sien, of net rustig by die see te kan ontspan."

Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad

Mad Mongoose

"Dorp het meer aangebied as wat ons verwag het. Uitstaanpunte: Seville Boesmantekeninge-staproete, Ou tronk museum en teeproe by die Rooibos Teahouse."

Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad

Pebble Bay

"Ons hou van die atmosfeer van die dorpie."

Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad

Queenies Cottage

"'n Wonderlike rustige dorp met pragtige mense en nog meer pragtige areas om te besigtig. Daar is iets om te doen vir jonk en oud. Alles wat jy nodig het is tot jou beskikking. "

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Baleia de Hermanus

"Feels like you are in a foreign country, love it!"

Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad

Beyond the Sea Country Guesthouse

"It is a real pleasant destination to visit."

Velddrif, Ontsnap Uit Kaapstad

Cloeteskraal Chalets

"Ons het lekker rondgery in die omgewing - Velddrif en Dwarskersbos. Die Fosielpark naby Langebaanweg is 'n absolute moet!"

Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad

D'Vine View

"Baie oulike plekkie met baie om te doen. Rustig."

Stilbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

Bellevue Resort - Unit 10

"Dit is 'n mooi en skoon dorp met die nodige geriewe. "

Silversands, Ontsnap Uit Kaapstad

Pik 'n Wyntjie

"Silversands is 'n absolute pragtige strand met die skoon sandduine. Eenrigting parkeerarea egter 'n groot probleem."

Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad

Zabdiel Units

"Ons dink Yzerfontein as toeristebestemming is wonderlik en het groot potensiaal. Ons ry baie kere daar aan en het al baie mense daarheen verwys. Daar is goeie restuarante, puik gastehuise teen bekostigbare pryse, lekker stapplek en natuurskoon waar jy kyk."

Sandbaai , Ontsnap Uit Kaapstad

Seagull Hermanus

"Heel lekker en naby genoeg aan Hermanus maar ver genoeg om die gedruis te mis."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Le Chaim House

"Paternoster is pragtig, ek dink egter dat die winkels duur is vir die plaaslike besoekers, as dit vergelyk word met al die ander dorpies aan die Weskus. Die restaurante is ook baie besig en gewoonlik vol so as n mens nie bewus is daarvan nie en jy slaap net vir 'n paar aande oor is dit moeilik om plek te kry vir 'n goeie maaltyd. Dit bly egter 'n baie spesiale, unieke plek wat prentjiemooi is."

Blad
Blad 875 - Wys 26221 tot 26250

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang