Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 28270 resensies.
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Citrus-Inn Unit 1"Die dorp self sorg ietwat vir 'n mate van aantreklikheid; ons het die tuine besoek langs die dam in die blommetyd; asook die ou kerke is iets om te sien as mens hou van geskiedenis."
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
-The Rose Garden B&B"Veilige stad, genoeg keuze uit restaurants, prima wandelomgeving"
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Almondbury Guest Farm"Heerlike wynroetes en die dame by die Inligtingsburo was baie behulpsaam met die boek van 'n wyntoer en 'n bootrit. Het ook heerlik gekuier saam met Jeanette wat ons op die wyntoer geneem het."
Hemel-en-Aarde Vallei, Ontsnap Uit Kaapstad
Hornbill House"Groot voordeel is die restaurant wat binne loopafstand was."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Seeperdjie"Jacobsbaai is lieflik stil en klein, geleë tussen Saldanha en Paternoster, minus al die toeriste. Dit is die perfekte wegspringplek vir 'n Weskusvakansie: Darling is naby vir 'n daguitstappie, middag- of aandete is lekker in Paternoster, en strandbaljaar in Langebaan. Na 'n dag van opwinding in die besiger dorpe is daar niks so mooi soos Jacobsbaai se eie weggesteekte strande en stil omgewing vir ontspanning. 'n Nuwe gunsteling-bestemming."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
174 Atlantic Drive - Original"Mooi, rustige vakansiebestemming, lekker om te gaan uitrus. Naby aan verskeie vakansieplekke."
Kleinmond, Ontsnap Uit Kaapstad
The Wild Fig Guest House"Asemrowende week in EN om Kleinmond geniet. Iets van als gedoen. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Roosmarijn Guest House"Die natuurskoon is pragtig en die mense vriendelik. Oulike en interessante winkeltjies. Vredenburg is net 'n klipgooi weg as jy inkopies wil gaan doen. Ek sal dit beslis aanbeveel. Sal nie sommer weer op 'n ander plek gaan vakansie hou nie. "
Piketberg, Ontsnap Uit Kaapstad
Hebron Estate"Die mense is baie vriendelik en kom opreg voor. Die dorp het al die nodige om jou gemaklik van al die nodige te voorsien. 'n Ideale wegbreekplek."
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
Whitsend Cottage"Pragtige, rustige dorpie. Restaurante wat weeksdae saans oop is, is beperk."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Swept Away Guesthouse"Mooi stil dorpie. Deel van die betowering is die stilte!"
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
174 Atlantic Drive - Original"Baie stil en rustige dorpie, vir rus en vrede is dit die ideale plek om te gaan rus."
Langebaan, Ontsnap Uit Kaapstad
At Padrao 23"Dit was die eerste keer dat ek TravelGround gebruik het en die diens was wonderlik!"
"Goeie begin vir 'n Weskustoer, moet egter nie vergeet om 'n vertoning en ete te bespreek by Tannie Evita se Perron nie. Ons het Evita praat Kaktus beleef, en dit is 'n moet."