Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Eastern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10323 resensies.

Hogsback, Oos-Kaap

Laragh-on-Hogsback

"Pragtige klein dorpie. Ons kon ons oë nie glo nie toe ons vanaf die kaal gelyktes met die pas opgaan en voor ons lê die dorp volop met bome, blomme en struike. Ons kon 10 van hulle tuine besigtig teen 'n fooi van R75, alhowel 5 daarvan net op afspraak was en hulle telefone is nie beantwoord om afsprake te maak nie. Ons is ook aangeraai om eerder middel Oktober te kom wanneer die blomme in volle blom is. Sal beslis weer kom kuier veral as daar sneeu is want dit lyk dan glo prentjie mooi. "

Oos-Londen, Oos-Kaap

Ubuntu B&B

"East London is always the best for me."

Nxuba (Cradock), Oos-Kaap

Amali Self-Catering Chalets

"Everything you need is close-by, short distance, the traffic not too busy, schools near to each other. Our first time in Cradock, we will come again."

Gonubie, Oos-Kaap

The Sunflower

"Pragtige plek en mense."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Stemar Self Catering Guest House

"I was a bit disappointed by Graaff-Reinet, we found the town quite littered and many of the street names and signs are missing. More importantly some of the monuments are defaced and there appears to be a growing indigent problem. We did arrive on Friday afternoon at the end of the month on the start of a long weekend and the shops were very busy. We did some shopping on the Saturday and without exception the shop attendants were polite and helpful. On our way back the following Thursday the town appeared much cleaner."

Wavecrest, Oos-Kaap

Améri Place

"Behalwe die baie swak toestand van die paaie, is dit 'n baie netjiese en skoon woonbuurt."

Seaview, Oos-Kaap

TraySea

"Rustige area waar jy kan ontspan en weggaan vanaf die stad se geraas."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

De Erf Manor Guest House

"Ons het maar 'n kort tydjie in Graaff-Reinet kon spandeer en kon dus nie wyd verken nie. Ons kon wel inpas om na die Vallei van Verlatenheid te gaan. Dit is werklik 'n moet sien en ervaar. Die Nasionale Park se personeel was ook aangenaam en behulpsaam."

Jeffreysbaai, Oos-Kaap

Anchor Inn Jbay

"Die paaie is in 'n walglike toestand, kan gerus daaraan aandag gee."

Koffiebaai, Oos-Kaap

Hole in the Wall Resort

"Die 78 km wat jy moet ry Koffiebaai toe is nie van die beste nie jy moet tussen 60 en 40 km 'n uur ry, maar dit is verstane, want daar is kinders en rondloper diere. Dit het my nie gepla nie, want ek is met vakansie. Ek het gery na Koffiebaai en toe oor die koppe gery na Hole in the Wall Hotel. Die pad was grondpad, wat nie baie waffers is nie, maar het dit gedoen met 'n voorwielaangedrewe SUV. Beslis was alles die moeite werd. "

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Kambro Cottage

"Interessante ouderwetse dorpie met die mooiste, mooiste kerk."

St. Francisbaai, Oos-Kaap

i-LOLLO

"St Francisbaai is prentjiemooi!"

Maclear, Oos-Kaap

The Cottage

"Het net hier oorgeslaap. Sal definitief teruggaan om meer te sien."

Seaview, Oos-Kaap

The Garden Cottage

"Seaview is 'n stil kus dorpie ongeveer 30 min buite Port Elizabeth. Die kus is meestal rotsagtig. Ongelukkig doen graffiti op van die rotse afbreuk aan die algemene natuurskoon. Daar is mooi woonhuise, maar van die woonhuise in die ouer gedeelte toon redelike agteruitgang. Alhoewel ons niks persoonlik ervaar het nie, wil dit voorkom asof kleinskaalse misdaad, soos inbraak, 'n moontlike probleem in die area mag wees."

Greater Addo, Oos-Kaap

River Front Estate

"Baie aktiwiteite om te doen in 'n klein radius."

Middelburg, Oos-Kaap

Aandster Oornag Akkommodasie

"Baie vriendelike mense en voldoende verblyf en uiteetgeriewe."

Port Alfred, Oos-Kaap

Bretton Beach Crest Holiday Cottages

"Verrassend mooi en lekker eetplekke."

Graaff-Reinet, Oos-Kaap

Little Karoo

"Ons sal graag meer tyd wou hê om daar te spandeer."

Oviston , Oos-Kaap

Oviston Sunrise Lodge

"Rustig, weg van die stad se gejaag, kan jou siel gaan vind."

Somerstrand, Oos-Kaap

32 Summerseas

"Our needs were met after a long, tiring trip."

Hogsback, Oos-Kaap

King's Lodge Hotel

"Strate is vol gate. Moeilik om gate mis te ry. Natuurskoon is wel asemrowend."

Hogsback, Oos-Kaap

Bredon Self-catering Cottage

"Restaurante in die hoofstraatjie is belaglik duur. Kies eerder die afegeleë plekkies en gaan soek na plekkies soos Away with the Fairies. Baie unieke pub met die heerlikste pizza en mooiste uitkykpunte, staproetes en kampeerplek."

Nieu-Bethesda, Oos-Kaap

Outsiders B&B

"Nogal verras met die dorpie en wat daar alles te sien is."

Boesmansriviermond, Oos-Kaap

River Cottage

"Nearby Kenton on Sea and Port Alfred. Were also very interesting to explore. "

Gonubie, Oos-Kaap

111 Rose and Ale

"Great community close to awesome beach and great places to go have fun. Pancake house is a definite."

Blad
Blad 231 - Wys 6901 tot 6930
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang