Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4812 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Paddocks 6"Altyd lekker, my meisiekind se gunstelingbestemming in die winter."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Gemaklike oornag dorpie wat baie vir enige toeris kan bied. Koffie en kos by die Plaas Stoep is aan te bevel."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Woodlands Retreat"Heerlike omgewing om van die gejaag van elke dag af weg te kom. Baie dinge om te doen vir dié wat nie net wil rus nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Attic & Below"Clarens is fantasies! So regte "Gilmore Girls" klein dorpie. Baie mooi, skoon, netjies, baie om te sien, lekker koffie, lekker restaurante (Highlands Restaurant is awesome), ongelooflike kuns, die beste vere duvet shop in die land. Dis 'n oulike plekke om te vertoef en net stil te raak. Daar is selfs 'n "Daycare" vir die manne in een van die kroeë as hulle nie meer wil shop saam met die vrouens nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Joybells"Dit is 'n vinnige wegbreek nie te ver nie en ook nie te naby van bestemmings nie. Pragtige landskap en asemrowend. 'n Wegbreek voorwaar die moeite werd met soveel kunstenaars en galerye om te besigtig. Voortreflike restaurante om by aan te gaan sit en heerlike anderse disse om uit te probeer."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Sandstone Chameleon Guest House"Baie klein dorpie met min om te doen as hy baie verwag. Maar dis lekker stil en rustig en net wat mens soms nodig het om te ontspan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Collett House"'n Stukkie van die Vrystaat wat jou laat verlang sodra jy by die dorp uit ry. Dis seker een van die mooiste dorpies ooit! Kan maklik jou hart daar verloor."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Goedgeleë"Mooi omgewing met al die sandsteen geboue. Bly daar oor en besoek Clarens. Goedkoper en rustig."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Old Country House and Cottage"Besoek gerus vir Fouriesburg en veral Die Windmill Pub & Grill."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Greystone Upon Clarens"Wonderlike klein dorpie! Bespreek net vroegtydig by restaurante. Omtrent almal was vol bespreek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Lakeview Cottage"Ons geniet Clarens enige seisoen van die jaar."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Affi Lande Boetiek Guest Farm & wedding venue"Oulike plekkies om te besoek."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Old Country House and Cottage"Pragtige plek met vriendelike mense. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Paddocks 6"Pragtige juweel aan die voet van die berg. Vriendlik en behulpsame mense."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Bergkaree Self Catering"Seker een van die mooiste roetes tussen Fouriesburg en Clarens."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Old Country House and Cottage"Dorp van die jaar 2013! Baie skoon en mooi. Die hotel is puik!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Valley Lodge"Almal moet Clarens besoek, dis beslis die moeite werd. Dit is baie naby Lesotho en 'n mens kan vir die dag deurry Afriski toe. Clarens self het soveel om aan te bied vir die mense wat daar wil huiskoop. Soveel plekkies waar 'n mens kan eet en heerlike "craft"-bier, "ciders" en sappe geniet."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mont Rouge"Baie eet- en drinkplekke met houtvuur binne vir hitte."