Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4812 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
26 The Clarens Suite"Dit is 'n baie nice plek om 'n naweek weg te breek, sal definitief vriende aanbeveel."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
V'Kansi Khaya"Dit was ons eerste kuier aan Clarens. Dit was 'n wonderlike ervaring. Die dorp self is pragtig. Die natuurskoon van die omgewing maak dit 'n baie spesiale bestemming."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Calm Clarens"Jy moenie 'n Spar of PnP of so iets verwag nie, maar daar is 'n baie oulike klein Supermark in Riempies en dit voel asof jy teruggevoer word in tyd as jy daar instap! Al die ou toerusting en blikke en tikmasjiene en goed teen die muur maak 'n mens skoon nostalgies. Die slaghuis hierbinne het pragtige vleissnitte en jy sal beslis nie honger gaan slaap nie! Daar is iets van alles in hierdie winkel. Die Jacket Shop by Riempies is ook iets wat jy nie wil misloop nie. Daar is ook 'n klein, "sentrumpie" by die garage wanneer jy nou na die middedorp toe gaan. Daar is ook 'n klein winkeltjie as jy nog goed soek. En dan, Treat. O, mense! Bederf jouself! Clementines is ook 'n moet-probeer. En die klein winkeltjie, Kuier. Dit was net so lekker. Ons het al die winkels geniet en hier is beslis iets na elke smaak! Moet ook nie die Kaasplaas, Baris mis nie. Ons het dié lekkerste kaaskoek ooit daar gekry! Volgende keer gaan ons beslis meer in die omgewing rondry en plekkies besoek. Golden Gate se berge is natuurlik ook 'n absolute hoogtepunt en is asemrowend!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rebellie Gaste Plaas - Bushman"Clarens is SA se bes-bewaarde geheim. Hier kan jy perdry, op die Asrivier roei, 'n staproete doen, die Golden Gate Nasionale Park besoek of sommer net in die winkeltjies en eetplekke rondlê. Dis die ideale naweekwegbreek vir Gautengers. Moenie die kaasfabrieke net voor jy by die dorp kom, misloop nie!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Eve's Delight"Lieflike dorpie met baie doendinge en snuffelhoekies. 'n Kuns paradys vir kunsliefhebbers. 'n Moet vir die "bucket list.""
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Amour de Pierre Villa 221"Ons sal beslis die e-fietse aanbeveel."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Groenhoek Guest Farms"Meer as genoeg om almal besig te hou, gaan probeer gerus die white river rafting."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Eden"Ons was al verskeie kere in Clarens en geniet dit elke keer om net deur al die winkeltjies te dwaal en weer iets interessants te ontdek. Daar is baie te doen vir die jonger geslag en vir ons wat net wil stap, is daar gemaklike staproetes. By die restaurante is daar goeie kos en wyn én jy kan daar sommer net lekker sit en kuier. Golden Gate altyd 'n moet om te ervaar, die mooiste natuur in Clarens se omgewing!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mountain View Manor"Die oulikste dorpie met soveel goeie restaurante om van te kies. Die winkels in die square is fantasties en daar iets vir almal se smaak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Attic & Below"Lekker rustige en vriendelike atmosfeer in al die winkels en eetplekke."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Clarens restaurants are expensive and there are few options for purchasing supplies in town if you are self-catering. We would be better prepared for this next time. The people of Clarens are friendly and helpful. The car guards can be a bit annoying. A visitor info center may have been helpful but we managed without nonetheless."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Jovali"Ons is gereelde besoekers daar en geniet dit baie elke keer, sal dit aanbeveel."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Unfortunately I arrived during loadshedding. Restaurants were already closed at 20:00 and could not have anything for supper."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
de Minimalist House"Clarens is great for someone who loves the outdoors and simply put want to just chill and relax."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooistoffel Se Dorpshuis"Tenspyte daarvan dat Fouriesburg Dorp van die Jaar was, is baie huise en geboue verwaarloos. Die strate is ook nie in 'n goeie toestand nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Hannic's Retreat"The car guards were extremely annoying and continually asking for money every time we parked. To the point that they would not move their buckets until you paid them. I feel that this needs to be controlled. A car guard also came into the little bakery in town on Sunday morning demanding his breakfast and drink from the front till - he was filthy with no shoes on and standing on top of people trying to eat their breakfast. Not the best ending to the weekend."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
4 Paddocks"Altyd heerlik om Clarens te besoek. Net 'n klein irritasie is die jong karwagte orals en om mens, het ons onveilig laat voel."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Stay! In Clarens"Ek is mal oor Clarens en sal vir seker weer kom kuier!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Khaya Clarens"Awesome plek en ligging Clarens bied baie vir die toeris en meer as genoeg eetplekkies en winkeltjies om tyd mee te verdryf. Daar is ook voetslaan- en bergfietsroetes. "