Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Daar is pragtige wandelpaadjies langs die see en ek het 'n kilo of twee afgeskud. Ek het veilig gevoel in Sandbaai. Mense daar is ook baie vriendelik. "
"Dit was heerlik om op die strand te gaan sit en te kyk hoe die walvisse laatmiddag baljaar."
"Asemrowende klein dorpie met die vriendelikste mense. Heerlike eetplekke en veilige omgewing. Sal beslis weer besoek!"
"Nooit besef watter mooi omgewing dit is nie en wat die plek alles vir die toeris bied nie. Daar lê die mooiste wyn- en vrugteplase in die omgewing."
"It is a very peaceful and quiet place for those who want to escape from the busy noisy city life. Totally awesome."
"Baie mooi kusdorp en omliggende area, heelwat walvisse gesien, heerlike kos by The Boathouse Restaurant, skoon Spar met 'n groot verskeidenheid produkte."