Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Kelders is een echte haven plaats zalig gegeten bij de Boat House en een mooie natuur."
"Pragtig maar 'n mens kan nêrens by die see uitkom nie. Geen mooi strande nie. Berge en rotse is baie mooi."
"'n Lekker dorp met baie om te doen en te sien! Hermanus het 'n lekker "vibe"! 'n Mens het meer tyd nodig. 'n Ongelooflike skoon en vriendelike dorp."
"Swellendam is een van die wonderlikste en rustigste dorpies. Ons keer jaar na jaar terug."
"Hermanus is vol verrassings. Om elke hoek en draai is daar iets anders om te ervaar. Sal graag in Hermanus wil aftree."
"'n Mens kan nêrens op 'n Saterdagmiddag of Sondag wyn koop nie ... so moenie jou drinkgoed by die huis vergeet nie!"
"Baie rustige dorpie vir rustige reisigers. As jy meer vermaak soek, is Hermanus net 3 km ver."
"Fantasties! Het baie mense ontmoet en nuwe vriende gemaak. Sal wel weer gaan kuier, maar iets meer gestremdheidsvriendelik huur. Het wel gevind dat "Bugler's Cottage" en "B's Cottage" gepas sal wees. Hulle is albei op julle boeke."