Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 10751 resensies.
"Sandbaai is a great place to make memories and to spend time. There is a beach nearby where I loved to take pictures and selfies. There is a convenient store should you need something but all in all everything was fabulous. "
"Lieflik still en 'n natuurskone toeristebestemming. Darem nie verlate nie en het gereelde toeristegroepe om die punt waar die twee oseane ontmoet te besigtig. Vriendelike mense en lekker seekos te vinde."
"Hermanus en die omgewing is net ingestel op buitelandse toeriste, al betaal Suid-Afrikaners dieselfde geld."
"Mooi omgewing, baie om te sien en te doen, en dit is ook nie te vêr van die Kaap af nie. Heerlike, versteekte swemplekke in die nabye omgewing. Sal definitef weer daar 'n besoek aflê."
"Lekker, nie te besig nie, tog naby genoeg aan alles wat jy nodig het. Dit voel of niemand jou pla nie. "
"Mooi en stil dorpie met waarde vir geld, antieke meubels te koop en die lekkerste kos in die verskeie restaurante."
"Pragtige dorp met die mooiste ou geboue en die dorp is netjies en skoon en het restaurante om van te kies en keur."
"'n Pragtige dorpie vol geskiedkundige plekkies. Enigste teleurstelling was die Bontebokpark - alhoewel dit 'n mooi area is, was die administrasie baie swak. "
"Die verblyf was in Onrus by Hermanus. 'n Heerlike omgewing vir 'n kort vakansie."
"Die klimaat is matig. Die dorp is skoon en die mense is vriendelik. Die aftree-oorde is naby baie besienswaardigdhede. Jy kry alles waarna jy soek."
"Sal 'n oulike winkelsentrum opsit met nog 'n winkel soos Woolworths vir hulle lekker eetgoed. 'n Speelpark vir kinders om in te speel. Daar is baie grond. L'Agulhas het meer eetplekke as Struisbaai. Hulle kan doen met nog 'n eetplek met heerlike vis, ens. Die naaste dorp is te ver. "
"Bettiesbaai jou doring... wat 'n mooi natuurlike dorpie, vriendelike en gasvry mense. Wow, die dorpie het my so goed laat voel. Die lieflike see en grondreuk as jy wakker word was die beste. Ek kom gou weer na die dorpie toe."
"Die restaurant op die strand is so pragtig geleë en as die weer reg is, kan dit net spesiaal wees!"
"Dit is 'n pragtige plek, baie lekker stil. Ek het baie gehou van die donkerte (geen straatligte), want ek is oorspronklik van Algeria in die Cederberge en daar is ook geen straatligte nie."
"Vermont is 'n baie rustige plek, lekker by die see. Die vars lug doen wonders aan 'n mens se siel, want jy jy kan jouself nie meer hoor in die besige stad nieI"